Om teen clichés te stry, te swerf en daarmee te groet

  • 3

Om te skryf beteken om op soek te gaan. Na nuwe dinge om te sê en nuwe maniere om dit te sê. Na nuwe karakters, na nuwe wêrelde, nuwe woorde en beelde wat daardie wêrelde open.

Marlene van Niekerk se eerste verhaal, “Die Swanefluisteraar”, uit Die Sneeuslaper (2010), is ’n verhaal van ’n student wat ’n skrywer word deur op soek te gaan na ’n nuwe taal – die van die swanefluisteraar. Die karakter (brieweskrywer), Kasper Olwagen, agtervolg ’n man in vodde wat met swane kan praat. Kasper probeer die swanefluisteraar verstaan, versorg en aan die praat kry, sodat hy sy diep geheim kan verstaan. En hoewel hy nooit regtig hierin slaag nie, is hierdie swanefluisteraar ’n soort muse wat van Kasper ’n skrywer maak. In plaas daarvan om in sy woonstel in Amsterdam oor sy eie gedagtes te skryf, begin hy intens en obsessief die swanefluiseraar waarneem en word hy self ’n swerwende skrywer...

Liewe Nuwe Skrywers

Die laaste sinne van my MA-skripsie wag om geskryf te word. Ek moet dus groet. Dit was groot pret en baie insiggewend om julle skryfwerk te begelei. Dit was heerlik om te sien dat daar soveel aspirantskrywers in Afrikaans en Engels skryf en stelselmatig leer om meer oorspronklik te kyk, dieper te dink en meer te lees.

Dankie aan Etienne van Heerden vir die geleentheid; Bibi Slippers vir die aanbeveling; my kollegas by LitNet vir die goeie gesprekke; ons proefleser Nicky Grieshaber wat my eie taalgebruik geslyp het; en my man Stefan Möhl, wat altyd bereid was om met sy kamera indrukwekkende foto’s en video’s te neem.

Dankie vir elkeen van julle vir die harde werk en die saam-slyp-aan-woorde. Om te groet beteken egter nie dat ek verdwyn nie. Aan dié kant gaan ek probeer om die donker én die lig uit te daag.

want:

“Die misverstand dat die lewe die lig is en die dood duisternis, is slordige fiksie” Arnon Grunberg/ Marek van der Jagt

Hou aan met stry, soek, swerf, skryf.
Rentia

My groetwoorde:

rentiasaysgoodby from Stemoeh on Vimeo.

  • 3

Kommentaar

  • Ester le Roux

    Liewe Rentia, baie dankie vir al jou harde werk en bemoeienis met ons skryfwerk! Baie sterkte met daardie laaste lyne van jou MA-skripsie! Hoop om jou weer vorentoe te gewaar, tussen skrywer- en digterdinge! Beste wense, Ester le Roux

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top