Onderhoude | Interviews

 
Nuwe Stories-onderhoud: Trish Goosen

1. Wie is Trish Goosen?

Ek is ’n optimis, ’n dromer, ’n hopeless romantic, ’n drama queen en effe obsessief-kompulsief.


2. Beskryf jou reis tot by Nuwe Stories met vyf kort stoppe langs die pad.


My reis tot by Nuwe stories kan ek beskryf as een met baie padwerke, ompaaie en slaggate, maar ek het ook gereeld stilgehou om die pragtige uitsig te geniet. Ek was maar soms baie besluiteloos by die kruispaaie en het keer op keer die onbekende pad gevat om te sien waarheen dit my sal neem. Ek reis deesdae meer doelgerig in ’n joernalistieke en literatuur-rigting, maar ek mag dalk weer die stampe en stote van ’n  interessante grondpad verduur  as die piekniekplek waarheen dit my sal neem, mooi genoeg is.

3. Sonder om te veel te verklap, vertel vir ons lesers so ’n ietsie oor jou verhaal wat in Nuwe Stories opgeneem is.

My storie, “Die ryloopmoordenaar”, gaan oor ’n meisie wat een stormagtige nag amper ’n vreemdeling in ’n swart jas  met haar motor raakry. Die vreemdeling vra vir ’n saamrygeleentheid, tot haar groot spyt ...

4. Ek gaan aanneem jy is ’n leser. Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

Ek is mal oor Jeanne Goosen se werk en ’n Paw Paw vir my Darling is een van my gunsteling-boeke. Sy het ’n manier om mense uit te beeld nes hulle regtig is. (O ja, sy is nie familie van my nie). Sy draai nie doekies om nie en het ’n moderne skryfstyl. My gunsteling Engelse skrywer is Stephen King, want hy is beslis die koning van ril en gril. Lekker!

5. Het jy ’n gunsteling-storie? (Dit kan ’n boek wees, of ’n spesifieke kortverhaal, of enigiets anders wat storiematig is.)

Ek het nie net een gunsteling-storie nie, ek het baie. Ek is die een wat gewoonlik nie weet watter geur roomys ek wil kies nie, want netnou kies ek nie die heel lekkerste een nie.

6. Het jy ’n vyfjaarplan vir jou loopbaan as skrywer?

Binne vyf jaar wil ek my eerste roman (waarmee ek tans besig is) laat publiseer.




Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address