Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Onderhoud met Niel Koekemoer

  • 0

Vertel ons lesers meer van jou verhaal/verhale wat in Nuwe Stories 2 opgeneem is.

My verhaal is getiteld “Die slagoffer” en handel oor die gevolge van geweld en hoe ons optrede soms verrassende en onverwagse nagevolge kan oplewer.

Ná die aanvanklike keuring het jy die geleentheid gehad om die kortverhaal persgereed te kry met die hulp van raad en keurverslae.  Hoe het jy hierdie proses ervaar?

Dit was voorwaar 'n voorreg om saam met die keurders te werk en hulle kritiek en terugvoer te kan hoor. Dit gebeur selde dat professionele skrywers hulself dompel in jou werk en dat jy die skryfproses kan deurmaak met iemand wat jou deurentyd leiding en raad gee om jou skryfwerk te verbeter.

Wat is die beste skryfraad waarvan jy al ooit gehoor of gelees het en wat jy probeer om self toe te pas?

Die belangrikste element in stories is karakters. Dit is die een bestanddeel wat meeste tekste laat werk al dan nie.

Kurt Vonnegut (een van my gunstelingskrywers) het die volgende baie eenvoudige raad gegee oor karakters:

  1. Give the reader at least one character he or she can root for.
  2. Every character should want something, even if it is only a glass of water.
  3. Every sentence must do one of two things — reveal character or advance the action.
  4. Be a sadist. No matter how sweet and innocent your leading characters, make awful things happen to them — in order that the reader may see what they are made of.

Ek is partykeer nog bietjie lui met navorsing en agtergrond vir elke karakter, maar een ding wat ek geleer het met Nuwe Stories 2 is dat 'n skrywer nooit genoeg aandag kan gee aan karakterontwikkeling nie.

Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

'n Paar skrywers wat vir my baie beteken het in my lewe is: Flannery O'Connor, Saul Bellow, Virginia Woolf, John Steinbeck, Vladimir Nobokov, Kazua Ishiguro en Marilynne Robinson. Dis moeilik om te sê hoekom ek reeds van die bogenoemde hou, maar daar is 'n vorm van wysheid en begrip tussen die bladsye wat my lewe wesenlik verander het.

Het jy enige verdere planne vir jou skrywersloopbaan?

Skryf is vir my 'n groot stokperdjie en ek is deurentyd besig om aan een of ander projek te werk. Met die blootstelling wat Nuwe Stories en Human & Rousseau my gebied het sal ek hopelik meer werk in die toekoms probeer publiseer.

 

Titel:Nuwe Stories 2
Samestellers: Leti Kleyn en Suzette Kotzé-Myburgh
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798164627
e-ISBN: 9780798164634

Koop Nuwe Stories 2 van Kalahari.com

Koop die e-boek by Kalahari.com

 

Klik hier om die tweede weergawe van Niel Koekemoer se kortverhaal "Die gevolmagtigde" te lees.

 

Klik hier vir die ander onderhoude.

Hoe lyk die kortlyskandidate se skryfstasies? Kyk hier!

Lees ook: Wenke van Afrikaans se kortverhaalkenners

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top