Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Tweede keurverslag van "’n Broekskeur bruilof"

  • 0

’n Broekskeur bruilof: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


Die skrywer kan steeds (weer) kyk na die element van humor in die verhaal en dit verder ontgin. Van die afskop af, sal ek wil sien dat die verhaal humoristies daarna uitsien en die leser sodoende boei. Ek sou nie die predikant en die orrelis “trou” nie; en ook nie vir hom ’n drankprobleem gee nie. Die kroeg waar hy die bruidegom vind, kan uitstekend werk as die dominee JUIS NIE drink nie, en die orrelis kan self tot ’n karikatuur ontwikkel word. Die moralisering van die huwelik en wat dit geword het, hoort nie hier tuis nie. Die kritiek op die praktyk en waartoe troues kan ontaard moet deur die verhaal WYS, so dat dit nie nodig is om die dominee se kritiek hierop uit te spel nie. Ek sou ook nie soveel ontwikkel aan die dominee se karakter nie, eerder hom as ’n verteller ontwikkel.


Lees die tweede weergawe: "’n Broekskeur bruilof"

Lees die eerste weergawe: "Broekskeur onder ’n kameeldoringboom"

Lees die eerste keurverslag oor "Broekskeur onder ’n kameeldoringboom"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top