Nuwe boeke by LAPA Uitgewers in Desember 2014

  • 0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Desember.


/

Vertel vir my ’n storie
Wendy Maartens
ISBN: 9780799366655
Prys: R199,95

Stories is ’n prettige manier om jou kind goeie waardes te leer! Elkeen van die bekende verhale in hierdie bundel bevat ’n belangrike lewenswysheid en word ook vergesel van praktiese wenke oor hoe kinders die waardes in die alledaagse lewe kan toepas.

 

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!


/

Bêrekos
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370157
Prys: R49.95

Jy kan jou eie biltong maak, vinnig en maklik! So ook droëwors, beskuit, kerrievis en sousbone. Dit is wat ons bedoel met bêrekos. Tjoef-tjaf berei jy vandag iets voor, want oor ’n paar weke het jy nie tyd nie, maar dan is daar lekker bederfies gereed vir jouself, die gesin en die onverwagse vriende wat inval.

“Lekker,” sal hulle sê. “En vinnig,” sal jy na binne glimlag.

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!

In Engels beskikbaar by Lapa as Food for later!


/

Braai side dishes
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370188
Prys: R49.95

Nobody wants to spend hours in the kitchen while the braai is happening outside. This book will help you prepare the most delicious side dishes without missing the fun. Bread on a stick is not just delicious, it also is a lot of fun. Veggie kebabs are tasty and they look good. A potato salad with mustard will have everyone licking their lips.

This book contains side dishes that will allow the family to feast and for you to enjoy the sun while the fire is doing its job.

Buy your copy from Lapa!

In Afrikaans beskikbaar by Lapa as Braaibygeregte!

 


/

Kosblikkos
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370140
Prys: R49.95

Wees die held van die kosblikbrigade met tuisgemaakte energiestafies, lekker vetkoeke, biltongmuffins en kaaskoekstafies vir die soettande.

Hierdie praktiese boek sal die gesin laat uitsien na die daaglikse avonture in hulle kosblik. “Lekker!” sal hulle jubel. “En vinnig,” sal jy dankbaar sug terwyl jy in ’n oomblik van vrede jou eie kosblik oopmaak.

 
Koop nou jou eksemplaar by Lapa!

In Engels beskikbaar by Lapa as Lunchbox favourites!

 


/

Snacks
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370195
Prys: R49.95

Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.

Buy your copy from Lapa!

In Afrikaans beskikbaar by Lapa as Peuselhappies!

 


/

Sakpasgeregte
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370102
Prys: 49.95

Almal van ons ken daardie weke in die maand waar die bankbestuurder gevaarliker lyk as die booswigte op TV. Hier is raad vir eenvoudige, maar goedkoop, geregte wat boonop heerlik smaak. Met viskoekies wat jy van tuna maak, ’n heerlike korslose groentetert en ’n smaaklike hoenderbobotie, sal jy jou gesin én die bankbestuurder gelukkig hou sonder dat jy ure in die kombuis hoef te staan.

Koop nou jou eksemplaar by Lapa!

In Engels beskikbaar by Lapa as Economical dishes!

 


/

Tea time favourites
Hendri Warricker
ISBN: 9780799370201
Prys: 49.95

Spending time with friends over a cup of tea is so civilised, but who wants to spend hours on eats that will be consumed in a jiffy? This guide will help you to entertain your guests on baked cheesecake squares, a lovely date and lemon bake, custard puffs and simple, yet tasty, petit fours.

"Tasty," your guests would compliment you. "And quick," you would be able to answer.

Buy your copy from Lapa!

In Afrikaans beskikbaar by Lapa as Teetydlekkernye!

 


/

Kaapse draai
Alma Carstens
ISBN 9780799371420
IPrys: R74.95

Marlet se droomman weet blykbaar meer van haar donker geheim as wat sy gemeen het. En hy is ook nie wie sy gedink het hy is nie. Maar dit is nie die einde van die pad nie.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

Die perfekte oplossing
Dirna Ackerman
ISBN 9780799371437
Prys: R74.95

 

Talani kry werk as ’n nanny om afstand tussen haar en haar verloofde te kry. Dit is egter die oulike seunskind se pa wat sy net nie uit haar gedagtes kan kry nie.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

Die een vir my
Salomé Schutte
ISBN 9780799371444
Prys: R74.95

Mariella gaan Hogsback toe om die oupa wat sy nog nooit ontmoet het nie, te gaan opsoek. Maar dis nie net oupa Karel wat haar voete onder haar uitslaan nie – die mooie Victor Vos doen dit ook.

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


Skaduseisoen
Elsa Drotsky
ISBN 9780799372052
Prys: R74.95

Anaret en Chris is getroud en word op dieselfde dag bevorder. Hy moet Mosambiek toe en sy bly in die stad agter. Nie een van hulle wil bes gee nie, en dit lei tot groot onmin tussen hulle.br />

 

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top