Noag se ark – a nee a, Kobus de Klerk
Ek verwys na KdK se brief van 12/08/2011 genaamd Noag. Die Ark en die toets vir ware Godsdiens.
Onder andere beweer KdK: "Histories is dit ‘n gegewe dat ‘n yslike wereldvloed oor die aarde was baie duisende jare gelede en word na verwys in talle antieke geskrifte, nie net die Woord nie."
KdK vertel doodeenvoudig nie die waarheid nie.
Hoekom wil hy altyd sulke onwaarhede vertel? Daar is doodeenvoudig absoluut geen bewyse vir so ‘n vloed nie. Nie in die natuurwetenskappe nie. Nie in antieke geskrifte nie. Maak nie saak hoeveel keer hy onwaarhede vertel nie, dit sal nooit in die werklikheid verander nie.
Verder laat hy na om by te voeg dat dr Alistair McGrath ook ‘n ‘evolusionis’ is. Dus, Kdk, geen vloed so ‘n paar duisend jaar terug nie. Hy het ook aanvaar dat die aarde miljarde jare oud is.
Eerstens verwys KdK na dr Alistair McGrath, beide ’n Natuurwetenskaplike en ook ’n Teoloog wat glo gebatteer het teen Richard Dawkins.
Wat KdK nie in sy brief laat blyk nie, is dat Dr. McGrath ook ’n ’evolusionis’ is. KdK, dit beteken dat dr McGrath die wetenskaplike metode aanvaar. Dr. McGrath het, nes omtrent alle wetenskaplikes op aarde, die bewyse vir ’n aarde 4.55 miljard jaar oud is, aanvaar. Sy godsdiens het geen effek op sy of enige ander mens se wetenskap nie.
Verder, Kdk, jy stel dat ’histories is dit ’n gegewe dat ’n yslike oor die aarde was duisende jare gelede en word na verwys in in talle antieke geskrifte, nie net die woord nie". Enige verwysings? Daar is absoluut geen objektiewe bewyse vir ’n sondvloed in die natuurwetenskappe nie. Hou asseblief op om mense te mislei. Ek weet dat misleiding aanvaarbaar is vir jou, maar vir ander mense is dit nie.