NB-Uitgewers: Nuwe boeke in November 2014

  • 0

Dis die maand voor Kersfees. Kyk watter nuwe boeke is op NB-Uitgewers se rakke.


/

Chuck Norris kan deel deur nul
Annelie Ferreira
ISBN: 9780799372144

Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, ’n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie. Gooi verder ’n paar Chuck Norris-grappe in die mengsel, en die lewe kan redelik ingewikkeld raak vir Albert. Dinge kry egter ’n wending wanneer die buurvrou oorkant die straat in kraam ingaan en Albert en die boelie die enigstes is wat haar kan help.

Chuck Norris kan deel deur nul is die verhaal van die veertienjarige Albert en sy gesin, die aanpassings en uitdagings van twee tieners wat in 'n nuwe lewensfase die gemis vir 'n ma voel, 'n praktiese loodgieterpa wat nie besef hoe nodig sy kinders hom het nie, 'n onkonvensionele ouma wat vergeetagtig raak, en al die mense met wie hulle paaie kruis.

Koop nou jou eksemplaar by kalahari.com.


/

Moord per suurlemoen
Jelleke Wierenga
ISBN: 9780624068969

Die tienertweeling, Bruno, met sy vlymskerp sin vir humor en sy hiperboliese uitkyk op alles, en sy dramatiese rooikopsus, Brunhilde, wat weer vriend en vyand kan manipuleer én kan laat swymel,   vorm ’n gedugte kombinasie. Hulle getroue vriend, Ben – boonop verlief op Brunhilde – help hul vlug met ’n motorfiets, omdat hulle die buurvrou per abuis “doodgegooi” het. In twee dae speel die driestuks etlike rolle, soos die skreeusnaakse vlug en situasies dit van hulle vereis. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe.

Hierdie verhaal het sy oorsprong in ’n ware gebeurtenis: ’n suurlemoengeveg tussen die skrywer en ’n destydse buurvrou oor die bure se verduiwelse blaffende brakke. Die hoofkarakters in die storie, die tweeling Bruno en Brunhilde, maak hul debuut in die boek Kat in die pan vir die Fransman, wenner van die Maskew Miller Longman Letterkundeprys vir Afrikaans in 2010.

Die boek se sterk punt is die verfrissende humor en vernuftige taalgebruik wat enduit gehandhaaf word. Die skrywer oortuig met die ontginning van oordrywing, spesifiek met die intelligente Bruno as fokalisator. Bruno se selfspot, asook sy  grootmenstaal, die oordrewe reaksies  en die “kamma volwassenheid”  van hierdie anderse tweeling skep kostelike situasies waar die ironie nie uitbly nie. Die amusante liefde-haat-verhouding tussen die tweeling dra ook hiertoe by.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


Ester
Kerneels Breytenbach
ISBN: 9780798167956

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk.

Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken.

Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


/

 

Die vierde stem
Francois Bloemhof
ISBN: 9780798168274

François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit.

Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ...

Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue.

Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.

Koop nou jou eksemplaar by kalahari.com.


/
Tannie Poppie kook!
Poppie Coetzer
ISBN: 9780798166416

 

“Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar eie kookboek.

Tannie Poppie kook is nie net nog ’n kookboek nie, dis ’n ode aan alle smulpape en lekkerbekke – die mense wat weet dat lekker kos nie net ’n toevallige gebeurtenis is nie. In hierdie pragstuk deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons.

Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer. Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek.

Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

Koop nou jou eksemplaar by kalahari.com.


/

Brain porn
The best of the Daily Maverick
ISBN: 9780624070672

Daily Maverick, the country’s leading online news service, has been making sense of the madness that is South African reality for the past five years. Brain Porn offers the best of their irreverent writing.

Its team of highly respected journalists and contributors includes Stephen Grootes, Ranjeni Munusamy, Jay Naidoo and Ivo Vegter. With their anti-establishment attitude and a “stuff you” approach to political spin-doctoring, they spare no-one as they dissect daily news events and people in the news. Expect well-argued opinions and fresh analysis on the issues that move people.

All the usual suspects are on the list: the President, the Commander-in-Chief, the Blade Runner, the Public Protector, the Ghost of Nkandla but this time written in a way that will challenge your accepted beliefs and dare you to think differently.

These superbly written essays offer insight into not only the wheeling and dealing that goes on in politics, but also into our societal dynamics and why we get up to the crazy things we sometimes do as a nation.

Whether you’re a news junkie or just want to hold your own over lunchtime conversation, you can’t afford not to read this book.

Koop nou jou eksemplaar by kalahari.com.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top