NB-Uitgewers: Nuwe boeke in Desember

  • 0

 


Geheime van 'n Franse kookklas

Skrywer: Marlene van der Westhuizen
Kategorie: Kos & drank
ISBN: 9780798165334
Formaat: Sagteband, 208pp

Kraakvars lig, ’n oorvloed wilde blomme en ’n asemrowende keuse van vars produkte – dis lente in die middeleeuse dorpie Charroux in die Allier-departement van Frankryk, waar Marlene van der Westhuizen jou uitnooi om ’n blik op die binnewerke van haar vyftigste kookklas te steel.

Volg Marlene en haar kosvriendelike reisigers met 80 nuwe resepte (insluitend Filette de sole Bonne Femme, Vroegherfs-hoender en Appelblinis) soos hulle die sluier van die onderskatte weelde van Franse kookkuns, eet en leefstyl lig. Leer om die kosmarkte te navigeer, vir pragtige antieke ware te onderhandel, om wonderlike maaltye te maak en voor te sit en om elke aspek van lewe in ’n Franse dorpie met grasie en betowering te geniet.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Geheime van 'n Franse kookklas nou van Kalahari.com!


World War One and the People of South Africa

Skrywer: Bill Nasson
Kategorie: Militêre geskiedenis
ISBN: 9780624067191
Formaat: Sagteband, 240pp

Die Eerste Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse samelewing en die politiek wesenlik beïnvloed. Bill Nasson ondersoek dié konflik as deel van ’n langer tydperk van onstabiliteit wat reeds voor 1914 begin het en ná 1918 nog ’n impak gehad het. Sy nuutste boek is ’n aangrypende narratief gevul met anekdotes en persoonlike verhale.

Klik hier en koop jou eksemplaar van World War One and the People of South Africa nou van Kalahari.com!


Die engel rook skelm

Skrywer: Kristel Loots
Kategorie: Algemene fiksie
ISBN: 9780624070924
Formaat: Sagteband, 256pp

Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas − Dezi kon nie meer nie. Sy wou wég van al die slimmes en aansittery.

Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reël. En wie is een van haar eerste stel kliënte? Niks minder nie as Mensa, die genieë-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy’s nou eenmaal weg van al die slimkoppe! Dis ’n wonder sy gee haar net oor aan sigarette en niks ergers nie, veral toe sy ’n flop maak van haar instanery vir die uit-die-koek-spring-meisie by ’n bachelor's . . .

Algaande leer Dezi ’n Mensa-lid kan net so lekker soen soos ’n dom spierpaleis. Maar die dowwe blondine en die Mensa-man – nee wat, sal nooit werk nie! Al is slim Adam ook hóé aanloklik . . .

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die engel rook skelm nou van Kalahari.com!

 


Die vierde stem
Skrywer: François Bloemhof  
Kategorie: Misdaad- en spanningsromans
ISBN: 9780798168274
Formaat: Sagteband, 256pp

François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit.

Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ...

Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue.

Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die vierde stem nou van Kalahari.com!

 


City Girl en die swart hings

Skrywer: Marga Jonker 
Kategorie: Fiksie vir jong volwassenes
ISBN: 9780624069232
Formaat: Sagteband, 144pp

Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, dié ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon. Hoe sleg gaan haar vakansiefoto’s nie afsteek teen Chané se Mauritius-foto’s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen ’n klomp mariene bioloë wat net oor hulle navorsing kan praat?

Maar die Weskus is ’n verrassende plek . . .

Klik hier en koop jou e-eksemplaar van City Girl en die swart hings nou van Kalahari.com!

 


Bennie Boekwurm vertel lekker stories

Skrywer: Louise Smit en Séan Verster
Kategorie: Fiksie vir kinders
ISBN: 9780798167697
Formaat: Sagteband, 120pp

Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke.

Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Toeteletoetoo! Toeteletoetoo! blaas bytjie op sy trompetjie en die blommetjies sing:

Bytjie blaas, en ons moet sing,

Bennie kan jy die storie bring.

Maatjies, julle moet nou roep,

anders hou hy aan met soek.

Almal roep hard en Bennie Boekwurm kom uit om vier heerlike stories te lees.

Bennie vertel oor Japie die apie wat na sy mamma gaan soek, Tokka die stoute kabouter, Miemie die mier wat diep dink en die haarwurm wat nie vroeg wou opstaan nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Bennie Boekwurm vertel lekker stories nou van Kalahari.com!

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top