Feeste | Festivals

 
National Arts Festival: Through Blue gee sy hart vir Hillbrow
Teks en regie: Rob Murray

Met Andrew Buckland, Ilan Cilliers en Liezl de Kock en UBOM!-geselskap

Eenvoudige sukses is die vrug van die samewerking tussen die Oos-Kaapse teatergeselskap UBOM! en die gesogte Rob Murray, hul nuwe “resident”-regisseur, in die skep van Through Blue. ’n Bulderende Coca-Cola teken, wat as ’n soort embleem vir kapitalisme bekend staan, vorm die visuele middelpunt van die verhoogruimte wat van begin tot einde lewendig is met musiek, sang en merkwaardige fisiese bevoegdheid.

Through Blue vra luid en duidelik: Hoe lank kan jy oorleef voordat jy jou drome verkoop? In hierdie groot stad word drome ’n soort handelseenheid, sodat karakters heel letterlik hul drome verkoop en die owerhede “droomvampiere” word. Die multidimensionele geselskap as geheel moet gekomplimenteer word vir die energieke getrouheid waarmee hul dié storie vertel. Dit is ’n bederf om Andrew Buckland aan’t werk te sien in die ruimte waarin hy meesterlik uitblink as hy die leiding onder sy jonger medespelers neem.

’n Klagte kan aan die voete van Murray en die spelers gelê word dat Through Blue die naïewe vereenvoudiging is van ’n veel meer komplekse tema. Die teenvraag moet dan egter ook gevra word: Is dit nie juis net so eenvoudig dat ons werklik so maklik ons drome kan en moet verruil vir oorlewing nie? Heel gepas eindig Through Blue met Johannes Kerkorrel se “Hilbrow”: “Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef.”

Through Blue is tot 8 Julie 2012 by die Nasionale Kunstefees te Grahamstad te sien.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address