My geliefde: Aan my lief

  • 0

Aan my Lief

Ek wil vir jou ’n versie skryf in tale wat jou raak:
in hartstaal, sielstaal, hemeltaal en tale sonder spraak
ek wil sag van seisoene sing met lippe wat onthou
deur winter, somer, lente, herfs, dat ek lief is vir jou.

Daar is by my geen twyfel nie dat voëls ons kan vertaal,
vanuit ons los gebrabbel en uit drome sin kan haal;
as ek dan stotter aan jou lied, dit stamelend verloor,
dan weet ek elke veertjievlerk het reeds my hart gehoor.

Dus: stuur vir jou wit duiwe, Lief, wat my gedagtes dra;
weet asseblief dis teerheid, Lief, wat om jou aandag vra.

Klik hier vir nog inligting oor die liefdesbrief-kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top