Michelle nog al die jare by my

  • 4

Ek het klererekeninge gehad wat min vroue gehad het of kon bekostig het: Edgars / Jets / Pages / sales house / Woolworths / Judy's pride / Foschini's / Topics ... ek het amper byna gewerk net om die rekeninge te betaal, ek het mal gegaan as ek in ’n winkel ingaan. Ek het onbeheerste besluite geneem, dinge waaroor ek later spyt gekry het. En dis nog nie eers wat ek kontant gekoop het nie. Ek kry toe verblyf by vriende, hoekom ek dit weer gedoen het weet ek nie, maar gou is ek gefrustreerd, ek is gebind en ingehok en die frustrasies jaag my en ek kry toe ’n woonstel in maar tog het daar steeds iets gekort, ek weet nie wat nie maar ek het dit geweet, ek kon nie wag om by die huis te kom na werk nie, ek kon nie wag om my werksklere uit te trek nie om verenig te wees met michelle nie.

Dan wag ek tot almal tot ruste kom die bure, en laat vanaand dan vaar ek en Michelle die strate in, aangetrek van kop tot tone in vroueklere, make-up, naels, als.

Dan loop ons tot laatnag, partykeer tot byna sonsopkoms (dit was nog veilig daai jare om dit te doen, so in die vroeg-90’s).

Ek raak so ontspanne – rustig – kalm ek voel & is ’n ander mens, ek is vry vryer as ’n voël, dis ’n onbeskryflike gevoel,’n gevoel wat mens nie in woorde kan uitlê nie, nie eens op skrif nie, jy kan daai gevoel net uitleef as jy iemand het om dit mee te deel. Soos Michelle. Kalmte – ontspanne – rustigheid - vrede.

Ek het besef ek moet iemand gaan sien want die stemme in my kop raak erg, mense praat met my dis soos ’n gezoem van bye – ek word oral agtervolg – as ek loop, dit voel of almal weet wat ek doen, mense kyk my uit, staar na my – as ek loop dan voel dit of ek opdraende loop – erge hoofpyne, frustrasies, ongeduldigheid, woede - en ek sien my dokter praat bietjie en hy stuur my na ’n sielkundige (no3) maar hy speel net tapes met onspanningspraatjies op. Later sien ek ’n maatskaplike werkster (no2), sy verwys my na ’n psigiater. Dinge het daar beter gegaan, ek was op medikasie wat my baie gehelp het, ek was ’n tyd lank by hom met medikasie en terapie.

Toe trek ek en ek kon nie by hom uitkom nie dus stop die medikasie ook.

Ek dink ek moet van Michelle ontslae raak, en ek doen dit, dit was ’n hartseer dag in my lewe, asof ek iemand moes begrawe, al haar klere alles is weg, ek begin oor.

’n Skoon lewe. Ek baklei hard om nie aan haar te dink nie.

Ek trek weer weg, en ’n ruk gaan verby, dit word ’n struggle ek raak geïrriteerd - ongeduldig - woede - angs en alles verniet. Die stemme het teruggekom en die wat ek deur karre en mense agtervolg word ek sien dinge wat ek later betyfel of dit werklik daar was. Na ’n tydjie besluit ek weer ek is ok ek het nie dokters nodig nie ek kan na myself kyk net solank Michelle daar is by my, dis asof niemand kan begryp wie en wat Michelle is nie, ek vat Michelle weer terug in my lewe met nuwe outfits, ek besef ons kan nie sonder mekaar nie. Daar is ’n hegte band tussen ons, dis asof ons onafskeidbaar is. Party keer dink ek baie aan selfmoord maar ek besef ek weet nie of ek regdink nie maar miskien hou sy my vas om aan te gaan met my lewe maar sy was hoeveel jaar by my,

Ek trek terug na my tuisdorp en bly eers by mense, toe weer in 'n woonstel en daar het ons weer ons laaste jare saam gedeel. Ek gaan toe weer aan net soos voor ek na die ander stad toe getrek het.

Toe word ek op 'n blind date voorgestel aan die vrou (min mense het ooit geweet van my dubbellewe & kluisenaarsbestaan & natuurlik van Michelle).

Ek het dit 'n go gegee - die date - want al die familie het my begin vra hoekom trou ek nie? Is ek gay?

Leon

  • 4

Kommentaar

  • George Bekker

    Leon met jou eerste brief het ek ernstige bedenkinge gehad of jy op hierdie web behoort te wees. Intussen het 'n mens jou beter begin verstaan. Daar is net een aspek wat ek wil beklemtoon, aangesien ek kennis dra van 'n familielid met skisofrenie. As die siekte eers onder beheer is verloop sake gewoonlik goed en kan die pasiënt 'n normale lewe lei, mits die behandeling (maandelikse inspuiting) nie onderbreek word nie. Met die onderbreking van jou behandeling loop jy 'n geweldige risiko, wat jou lewe lank kan ontwrig. Vir 'n paar maande na staking van die behandeling mag dit nog goed gaan maar dan kom die afrekening. Moenie uitstel met die hervatting van jou behandeling nie. 'n Plaaslike geneesheer kan met jou psigiater kontak maak en jou weer op 'n veilige pad plaas. Beste wense.

    George

  • Kobus de Klerk

    Ek kan sien dat jy dit goed bedoel, George, en dit klink na 'n baie desperate pleidooi aan Leon.

    Maar is dit werklik vir sy eie beswil?

    Wat duidelik opval, is ook maar weer jou weergawe uit ervaring uit die familie, dat die medikasie die simptome onderdruk en geen blywende kuur bied, nie. Trouens, deskundiges soos Montcrieff wat ek aangehaal het, en baie ander wat met haar saamstem, vertel 'n verhaal van hoe later, hoe kwater, met die medikasie wat net die simptoom behandel en nie die oorsaak, nie. Intussen veg die werklike oorsaak spreekwoordelik  vir dominansie - vandaar die verergering met tyd.

    Kan julle dit nie insien, nie? Dit is so duidelik soos daglig dat daardie tipe psigose 'n spirituele oorsaak het - sonder dat daar aandag aan gegee, word.

    Leon het OPREGTE deernis, ondersteuning in woord (Woord) en daad, nodig. Waarom? Dit sal die uiteindelik oplossing bied wat blywend is. Medikasie bied dit net tydelik, en al minder soos die tyd aanstap - waarom dring die familie daarop aan? Is dit dalk omdat die onderdrukking van die ernstige psigose dit vir hulself makliker maak, ongeag of dit die lyer op die langeduur sal help of vererger?

    Wil Leon genees word? Dit lyk of die 'Michelle persoonlikheid' 'n redelike houvas op hom het en dit lyk of hy eerder nie van daardie skisofrenie wil ontslae raak nie, alhoewel hy (nie sy persoonlikheid nie) tog wel wil regkom. Soos tipies met die arme skisofrene, is hy dus in tweestryd - ernstige tweestryd.

    Leon het hulp nodig. Werklike hulp met die oog op genesing en nie net onderdrukking van simptome, nie.

    Maar die Michelle persoonlikheid vul 'n leemte by hom, wat deur sy naastes (almal wat met hom te doen kry) ongevul gelaat, word. As enige van sy naastes hul werklik en ernstig oor hom ontferm, sal dit waarskynlik anders wees.

    Leon behoef Woord en daad - Eerstens moet die leemte wat tans deur die deabiliterende skisofreniese Michelle persoonlikheid 'gevul' word - daardie volgehoue omgee-liefde bestaande uit daardie gewillige en simpatieke maar ferm oor om te luister, ferm en doelgerigte raad en leiding, en werklike 24/7 betrokkenheid by sy lewe  - alles onder gesamentlike gebed. Hierdie oefening sal insluit 'n ouer broer wat hom vroeër misbruik het, wat by hom sal moet bely en om vergiffenis vra, want daar het geweldige psigiese skok en skade ingetree.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, dis duidelik dat jy self erge ervaring met die "ons" in jou kop het (dis nou die "ons" waarna jy so gedurig na jouself verwys). Wel, in die eerste plek dink ek die verantwoordelikes om jou moet liefs net jou sleutelbord wegsteek. Derhalwe moet ek jou maar intussen daarop wys dat jy weereens ietwat voor op die wa is met jou parakundige diagnose en voorskrifte. As jy mooi oplet sou jy dalk al gemerk het dat Leon "vervolg" onderaan plaas (net nie hierdie keer nie). Dit wil egter steeds nie seg dat Leon se verhaal nie miskien nog aangaan nie - en dat sy prognose en getuienis van verlossing straks nog daaruit sal kom nie. Dink jy rerig dat Leon sy verhaal hier deel net vir jou parakundige en ervare raad as 'n pasiënt? Jou amigo in Adam - Ekke

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top