Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi | Film Columns

 
Melancholia: Verbind self die kolletjies

Melancholia

Regisseur en draaiboekskrywer: Lars von Trier
Spelers: Kirsten Dunst, Charlotte Gainsbourg, Kiefer Sutherland, John Hurt, Charlotte Rampling

 

Dit verg ’n sekere hoeveelheid masochisme om ’n Lars von Trier-fliek te gaan kyk, maar hy is onteenseglik ’n uitsonderlike filmmaker, so byt maar op die tande en gaan. Von Trier is ’n meester om ’n abstrakte idee te vat en dit ’n stórie te maak wat in die fynste besonderhede uitgebeeld word, soos met Dogville.

Melancholia het te doen met die algemene tydgees van vrees en bedreiging; dit hang net so stilweg in die lug soos die fiktiewe planeet van die film se titel. Justine (Kirsten Dunst) is ’n vreemde maar hoogs kreatiewe siel wat by ’n reklame-agentskap werk. Dis haar troudag, gereël deur haar ouer suster Claire (Charlotte Gainsbourg) en gehou op haar swaer (Kiefer Sutherland) se pragtige landgoed. Soos die dag, aand en nag van die huwelik verloop, ontvou die komplekse verhouding tussen die twee susters. Heelwat kan afgelei word uit hulle (geskeide) ouers: die afwesige pa (John Hurt) en die koue, hartelose ma (briljant vertolk deur Charlotte Rampling).

Hoewel Von Trier hoofsaaklik met simboliek werk, kan ’n mens hom nooit daarvan beskuldig dat hy dit by die kyker inhamer nie. Eers agterna, as ’n mens die kolletjies verbind, kan jy die hele prent sien.

 

 


     
Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address