Mandela-herinnering

  • 0

Mandela-herinnering

My seun Viljé is gebore pas voor Mandela se vrylating. Ek het die koerant gehou, die dag toe Viljé gebore is. Toe is ek weg, op ’n toneeltoer, om den brode. En daar ver het ek bedags die televisienuus en koerantnuus gevolg, en gesien hoe alles omtrent Madiba vorder. Ek onthou glashelder hoe ek gedink het: mens moet by sy vrylating wees, en dan eendag by sy begrafnis eer betoon aan die hero.

Ek het eendag sy hand geskud, tydens die SABC se herinwyding. Tot vandag is ek bly oor my keuse – om vir hom op Afrikaans te sê: “Dis my voorreg.” Net dit. Niks minder nie; niks meer nie.

En hy was eens ’n bokser, ’n soepel, sterk atleet. Is dit nie hartseer om te sien hoe die ouderdom toeslaan nie?!

Albert Maritz

 

Terug na die Nelson Mandela Gedenkmuur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top