LitNet Akademies-leesgoed: Zandra Bezuidenhout

  • 0

Zandra Bezuidenhout deel haar top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Kaar deur Marlene van Niekerk

Nog nooit tevore het ’n digbundel my so oorrompel nie. Dit is ’n bron van louter leesplesier, intellektuele stimulus en estetiese genot. Almal wat in die poësie as kunsvorm en die moontlikhede van die Afrikaanse taal belangstel, moet dit aanskaf.

Mits dese wil ek vir jou sê deur Hennie Aucamp

Hierdie briewebundel gee ’n kykie in die siel van ’n gevierde skrywer en sy leefwêreld. Sowel die inhoud as Aucamp se fyn stilistiese vermoëns sorg daarvoor dat jy hierdie geskenk aan die Afrikaanse taal, literatuur en kultuur nie kan neersit nie.

 

Klimtol deur Etienne van Heerden

Wat ’n vindingryke roman! Tematies en struktureel boeiend, sonder opsmuk en vol menslike begrip. Een en almal behoort hierdie meesleurende en kleurvolle verhaal te geniet.

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top