LitNet Akademies-leesgoed: Elzette Steenkamp

  • 0

Elzette Steenkamp deel haar top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Hierdie artikel op The Scientist se webwerf: Gamers to Fight Tree Ailment

Ek het onlangs die term gamification raakgehoor. Dis nou die gebruik van 'n speelse element as probleemoplossingstrategie. Die idee dat speletjies ingespan kan word om daadwerklike oplossings vir die wêreld se ekologiese en mediese probleme te vind, is fassinerend.

Hierdie artikel handel oor die gebruik van ‘n sosiale-media-speletjie om die Fraxinus excelsior-boom van ‘n swam te red, maar die “gamification”-strategie word ook gebruik om nuwe behandelinge vir kanker te ondersoek: Play to Cure: Smartphone games to fight breast cancer

The Shining Girls deur Lauren Beukes

Lauren Beukes se The Shining Girls. Lauren Beukes skryf uitstekend en hierdie Arthur C Clarke-pryswenner het Suid-Afrikaanse spekulatiewe fiksie aan die wêreld bekendgestel. The Shining Girls speel af in Chicago in die Depressie-era en handel oor ‘n tydreisiger-reeksmoordenaar.

 

Koop dit by Kalahari.com!

Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleefdeur Johannes Bertus de Villiers

Johannes Bertus de Villiers se Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef. De Villiers ondersoek die verskeidenheid maniere waarop die aarde tot ‘n einde kan kom – alles van natuurfratse tot zombies en vyandige ruimtewesens. Sy skryfstyl is intelligent en innemend en hy het beslis sy huiswerk gedoen. Wees maar paraat, die zombie-apokalips is dalk net om die draai ...

 

Koop dit by Kalahari.com!

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top