Liefde op papier: Verf

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Verf

Jy sou in die laatmiddagsonnetjie staan
met die onderklere argeloos langs jou op die mat
ek met my kwas
en die ekstatiese bewing in my lyf

as ek jou op die doek natrek
stadig ... sodat ek eers kan kyk
sal jou fyn haartjies in die namiddagstrale
my lighoofdig-lus maak

... want jy is vir my mooi
met elke kwashaal op die doek
voel ek hoe die hoop in my bruis
dat jy my joune maak

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top