Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Ontdekkingsreis
Ons is landmeters wat mekaar se lywe
met liefdevolle vingers karteer:
Jou gesig is my Baardskeersdersbos
myne is jou Mooimeisiefontein
Jou borskas is Tulbagh se Doornkloof
My borste is Salomo se Tweeling-lammers
Ek daal af oor jou Mooiberge
en jy verlustig jou in my
Vallei van 1000 heuwels
Jou dye is my Meerlust
myne is die gladde spoelklippe
by Blyderivier
Ons pen ons gebied af op
plase en noem hulle
Weltevrede en
Groot Plesier
Kommentaar
Ongelooflik mooi!