Liefde op papier: O solo mio, nimf (’n versugting vir ’n geliefde)

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

O solo mio, nimf (’n versugting vir ’n geliefde)

          - 2000

’n verre verlede lê verskuil
agter haar diep bruin oë:
haar hartseer lag klots
daagliks teen my vas …
sy ken die heimnis van vrou
alleen
wees
’n strandloper-liefde
sonder passie,
’n soekende swerf na êrens …

die branders by blouberg
beur onbevange oor ou voetspore
op ’n vreemd-verlate strand
vol geheimenisse van vergane
alleenheid …
van vreemde liefdes
sonder passie,
’n terugspoel van nêrens …

eenkant stap ’n vrou
alleen
doelloos
verlore
oor ’n verre verlede:
saam ’n strandloper
op ’n vreemde strand!

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top