Liefde op papier: Les my dors

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Les my dors
Voel jou lyf teen my Lieflyf
as jy teen my kom lê
as jy warm vir my lief is
met jou lyf dit wil sê
Trek jou saggies nader
speel jou asem oor my bors
met my hande in jou hare
*Les my dors, les my dors*

Les my dors, les my dors!
Les my dors, les my dors!
Les my dors, meisie met die lyfie! Jy!
Jy les my dors!

Hoor jou hartklop in jou asem
as die chardonnay  sing
met die vensters toegewasem
op die maat van BB King
Silhouette in die kerse
as jy fluister in my oor
skaduwees onder komberse
*Oh my word! Oh my word*

Trek jou hand oor my lyf nou
Johnny Walker en Jan Blohm
and the passionate soft glow
hier kom die son, kom die son
trek jou lyf oor my Lieflyf
lê jou warm langs my neer
as ons saam in passie wegdryf
*lief my weer, lief jou weer*

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top