Liefde op papier: las lágrimas del sol

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

las lágrimas del sol *

Dun bandjies beklemtoon jou skouers se bruin
– julle’t baie geswem en ver ente gestap –
hy wys jou die kruin van die hoogste duin,
saam kyk julle hoe die see die rotse klippers kap.

Maar erger as dit is die kleur van jou lyf
– jy’t topless getan, hy’t by jou gewaak –
en almal wat kyk, kon sien jy’s sy wyf
en almal kon kyk, maar niemand kon raak.

Nog erger as dit is die bruin van jou lies
– jy’t net so getan, hy’t by jou gelê –
en later toe jy die posisie kon kies,
het jy amper sy naam hardop gesê.

Maar die ergste van als is die strepie wit
wat onder die band aan jou linkerhand sit;
syne is breër, kan die son weerkaats,
my hande – met eelte – lyk in dié lig melaats.

*trane van die son

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top