Liefde op papier: Jou wildernis

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Jou wildernis

Wys my jou wildernis
met jou vuiste beklemtoon
jy die prag van jou deernis
worstel jy voort volstoom

maar jy is nie goed vir my nie
beskonke en beteuterd staan ek
in jou wildernis stil en sku
in die Godsverlate plek

ek’t verdwaal in jou wildernis
met my vuiste in die lug
sit ek in jou skadu en rus
verwronge en verlate trek jy lyne op my gesig

want jy is nie goed vir my nie
in dood-se-stilte
jy is nie goed vir my nie
in die graf gebonde
ek het jou nodig
jy is my sonde

 

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top