Liefde op papier: Grensloos

  • 0

Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Grensloos

Is liefde in
die feetjie-fladdering 
van 'n pols?

In die verbuiging van lig
wat in oë helder skyn.

In die geboë maalstroom
van 'n mond 
wat menseklanke maak.

In weefsels
se garingdraad
wat om en oor
my hang, 
sodat ek keer
op keer verlang
om grensloos
verlore te wees
in jou gang.

 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top