Liefde op papier: Een

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Een

Opgekrul in die koepel van jou arm
die hele wêreld oorwin
Soos ’n fetus drywend in slaap
gevul met droom

Slaap sluip op sy tone uit
wanneer jy met klankwarm asem
my naam fluister in my oor,
my oë vlindersag wakker soen

Jou vingers komponeer g mineur op my vel
tot klanke ontsnap en
deur die kosmos eggo om
lêplek te kry in jou oor
Dan dans ons op Hooglied
tot basuine weerklink
liggame as een gehul in goud
Jy soet soos heuning op my tong
my siel gevoed.
Jou bolyf dans komplekse patrone
om en om
tot genot ontwaak in die
kruin van ons saam wees
jou oë versluier in
passie van druppende
soet lus as ek jou besing,
bemin, beken in onstuimige
ontmoeting van plesierige
verlusting in die
driehoek wat middel langs versier
as ons sekelmaan ontmoet en
in die hart van orgasme lepellê.
Op gekrul in die koepel van jou arm
die hele wêreld oorwin as
een.

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top