Liefde op papier: Boulyn

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Boulyn

ek wat bou – ek die man
ken die lê van ’n boulyn,
die lemdun grens 
en al lê dit getrek op ’n plan
– op simpel papier –
keer dit beton, staal en
steen met venyn

met jou boulyn mals,
sag omlyn in dun verbeelstof, 
begrens jy jou
en weier tartend my visum

ek  wat bou, kyk plan
en wyer as jou weier:
sien net ’n simpel stippellyn
waardeur ek priem 
en met venyn,
klimmend teen jou steier 
bevangeloos kom steenlê soek 

 

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top