LAPA: Lekkerlit 2014 skop af

  • 0

 

LAPA se baie gewilde Lekkerlit-kompetisie weer af.

Vanaf 15 Augustus 2014 tot 31 Januarie 2015 kies LAPA Uitgewers elke maand ’n Lekkerlit-boek, of twee. Daar sal ’n mengsel wees van spanning, romanse en avontuur.

Net een boek sal wegstap met die titel LAPA Lekkerlit-boek van die jaar.

LAPA glo lesers en skrywers stap hand aan hand: daarom wen die Lekkerlit-boek van 2015 se skrywer R5 000, een gelukkige ATKV-leser R2 500 kontant én een Facebook-deelnemer ook R2 500 kontant.

ATKV-lede is gister ingelig oor hulle kanse om weg te stap met dié lekker prys.

Hoe neem LAPA se Facebook-gemeenskap deel?

  • Leser moet asseblief LAPA se Facebook-blad LIKE sodat hulle die aankondigings kan kry.
  • LAPA sal elke maand die Lekkerlitboek(e) en ’n vraag oor die boek(e) op LAPA se Facebook-blad aankondig.
  • Lesers beantwoord ’n vraag uit die boek en e-pos die antwoord na marib@lapa.co.za.
  • Deelnemers wat die vraag korrek beantwoord, sal outomaties in aanmerking kom vir die geluktrekking van R2 500 kontant aan die einde van Februarie 2015

Die Lekkerlit-boeke wat gekies is:

  • Augustus = Seisoen van lig en donker (Alta Cloete) en Slim leuens (Lien Roux-de Jager)
  • September = Donker spoor (Martin Steyn)
  • Oktober = Stilleto’s van staal (Bernette Bergenthuin)
  • November = Ewebeeld (Chanette Paul)
  • Desember = Die 13de kaart (Madelein Rust)
  • Januarie = Waar boosheid broei (Peet Venter)

In Februarie sal deelnemers die kans kry om te stem vir hulle gunstelingboek.

Op 1 Maart gebeur die volgende:

  • Die Lekkerlit-boek en -skrywer word aangekondig
  • Die ATKV-wenner word aangekondig
  • Die Facebook-wenner word aangekondig

 

Alle Lekkerlit-boeke is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar.
Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top