LAPA Jeugromanwedstryd 2015

  • 0

 

Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel.
Sluitingsdatum: 5 Januarie 2015 

Klik hier om jou inskrywingsvorm af te laai. 

Reëls

  1. Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees, en gemik op lesers tussen 12 en 18 jaar oud. Die voorgeskrewe lengte is 25 000 tot 60 000 woorde.
  2. Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
  3. Die wenromans sal deur LAPA Uitgewers gepubliseer word. Deelnemers gee ook aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word/wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
  4. Die prysgeld is as volg:

Eerste prys: R25 000
Tweede prys: R15 000
Derde prys: R10 000

  1. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse toe te ken nie.
  2. Geen skuilname word toegelaat nie.
  3. Inskrywings moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe.
  4. Die deelnemer se naam mag nêrens op die manuskrip verskyn nie.
  5. Elke inskrywing moet van ’n volledig voltooide inskrywingsvorm vergesel wees.
  6. Stuur inskrywings aan:

LAPA Uitgewers
Jeugromanwedstryd
Posbus 123
PRETORIA
0001

  1. Slegs inskrywings wat per pos ontvang is, sal vir die kompetisie in aanmerking kom. Geen inskrywings per e-pos word aanvaar nie.
  2. LAPA Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie.
  3. Dit is altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
  4. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Januarie 2015. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  5. Werknemers van die ATKV en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top