SêNet-briewe | Letters

 
laaste sien, van kapitaalmasjien

Parthenon se fut is uit, in duie, Spanje-bulle vol bloed,
Italjaan-sokkerfanatici ly nou skielik honger en dors,
sorg mos vir byna kwart-eeu, vir kwart-plus van Libië,
allie eiland-lande, langsie Mirrelsee, val juistemint eerste

in Azania, Kaap, nog goeie Hoop, danksy bevoordeeldes,
al is hele spul nie op selle golflengte, oor politieke spektrum,
verskil frekwensie, Mens en mede-Mens nie mede-Menslik,
oorlogsmisdaadslagoffers, struktuurgeweld-ongeletterdes,
meerderheid, vannie meerderheid, leef-’n-beef, armoediglik,
uitgebuites, deur heel eie leiers, met kapitalis in een mus,
armes aan hul neus rondgelei, na ’n dwaalspoor, verplaas,
na ’n tuisland, eiland van onkunde-ontkenning, ’n Orania,
iewers tussen niks en nêrens, amper vergete, eksklusief

Duiwelspiek-dissipels, gelowiges, kwasi’s, pseudo’s, pro’s,
professionele Self-destruksie-aanjagers, opswepers, eish,
ultra-gewetenloos, Gewete-loos, superioriteitsindromaties,
dramaties sit-’n-wag op Armageddon, op uitbreek van NDR,
op verandering van gesindheid, op teorie-in-praktyk, waar,
waar waarheid waaragtig waardigheid, via Gewete-herwinning,
Mens, mede-Mens, Naaste, sal lei tot ’n Besef, van Oorwinning,
via saamgooi van Mens se talente, hulpbronne, reddingsvermoë, 
via saambring van Mens wat inne Skepper, ’n Lewe Twee, glo,
nie in aller haas, soos mampara’s, uit kapitaal-kasteel wil vlug,
soos oud-Zimbabwiërs, nie eens geleentheid g’gun, plaas, huis,
geliefde geboortegrond, hartsplek, volgens kaart, na transport,
plegtig, seremonieel, amptelik, ruimtelik, objektief, te ontruim,
nes uit Kofifi, Distrik Ses, nes allie anner stadsbeplannerteikens,
ideologiese pionne, nie noodwendig met blydskap uit eie huis,
presies nes in slawetyd, gesinne, vriende, bure, gemeenskappe,
deur struktuurgewelddadigheid, onmenslikheid, dehumaniseer

Jacobus Faasen

 

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address