Gay-hygliteratuur | Gay Erotic Literature

 
LêNet-skryfkompetisie: Die lewensredder
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

 

Skeef vandat ek kan onthou. Soos baie van my generasie was ek bedrewe in dubbellewe lei. Ons het op ’n plaas in die Waterberge gebly, nie juis ideaal vir ’n jongman met my geneigdheid nie. Veral nie ná die motorongeluk op my 18de wat my met ’n swaar beenstut opgesaal het nie. Ek is nie verbitterd hieroor nie; dinge gebeur.

My sekslewe is uit die aard van die saak redelik tos. In die kroeg saans die normale versameling boere; verkoopsmanne onderweg na belowender afsetgebiede vir hulle ware. Aangesien almal my ken en van my "probleem" weet, kan ek kwalik onopvallend my bier sit en troos, wat nog te sê ’n jong boertjie optel.

Maar elke somervakansie gaan ons kus toe vir ’n week of twee. Bly in die kleinerige strandhuis van vriende, ’n paar honderd meter weg van die see. Die huisie is gebou met die planke van die spoorwegkiste waarin trekkers vroeër jare vervoer is. Swaar, donker hout. Byna so dik en donker soos dwarslêers.

Een middag het ek alleen gaan roei toe ’n reënstorm skielik uitsak. Die wind het groot golwe na die strand toe uitgestoot. Dit was nie lank nie of die skuit het omgeslaan en ek het in die malende water beland. Die strand was ver, die lug grys en laag, en ek was seker my ouers sou my nie kon sien nie. My beenstut – dit weeg byna ’n ton – het my ondertoe getrek. Ek was gou moeg gespartel en het begin tou opgooi.

Die volgende oomblik was daar iemand anders saam met my in die water en het twee sterk arms my beetgekry en boontoe getrek. Ek het my lyf laat ontspan en toegelaat dat die man met my uitswem. Hy was in sy veertigs, sterk gebou, met grys hare op sy slape. “My plek is naby,” het hy gesê. “Kom, laat ons jou eers droog en warm kry, dan sal ek jou terugvat.”

In sy strandhut het hy onmiddellik my deurweekte hemp begin losknoop. Toe het hy die res van my klere uitgetrek en my tot by die kaggel gedra. My versigtig op die dik mat laat neersak. Ek was so opgewerk, so klipsteenhard, dat ek gedink het ek gaan net daar op die plek gooi.

Ek het sit en kyk terwyl hy uittrek: die taai lyf, die digte silwer en swart hare op sy borskas, die massiewe arms, die strook hare wat ondertoe afstreep, na sy mik toe.

Ek het my hand uitgesteek. Die man was geseën. Dik soos ’n stomp, met ’n voorvel wat net-net te klein is om die welige kop toe te maak, sodat ’n deel van die punt, so groot soos ’n sikspens, ontbloot was. En blink van die slym. Ek het sy voorvel teruggeskuif. Hy het gekreun, sy hand op myne laat rus. “Stadig, ek kom maklik.”

Hy het my gesoen. Afgebuk en ook die letsels op my been gesoen. Daardie middag, met die swaar weer buite, het hy my weer heel gemaak.
 

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address