kykNET Silwerskermfees 2014: Agterplaas

  • 0

Charles Fourie se Agterplaas vertoon vanaf 27 tot 30 Augustus 2014 by die Silwerskermfees.

In die lokprent word verwys na "die gehunker verby die zeflike".

Naomi Meyer vra vir Charles Fourie: Wat beteken dit vir jou? Lewe ons almal in die agterplaas? En: wie ís "ons almal"?

Soos die bostaande tematies in die fliek vergestalt, kry ons 'n kort blik in die lewens van 'n nuwe generasie armblankes wat in tant Klets se agterplaas in 'n karavaan plak. Die gesin het hul huis en inkomste verloor en stelselmatig in 'n sosio-ekonomiese drumpelbestaan verval.

Die ma poog desperaat om haar kinders teen sosiale agteruitgang te beskerm, wyl die pa self worstel met die bottel en sy geloof en hoop op 'n lottokaartjie. Die gehunker van die gesin is na 'n beter lewe – 'n boplaas – soos antie Klets dit noem. Ma Sannie glo: "Iemand moet uit hierdie gemors opstaan en iets beter met hul lewe doen," uit die siklus van armoede en verval kom. Sy het gehoop haar dogter Rachel sou 'n ander opsie kies as om as ontkleedanseres uitgebuit te word deur die skelm Moolman, en Ma rig haar laaste hoop op haar seun Pieter. In die proses word haar seun egter betrek by 'n onafwendbare tragedie, en is dit sy sussie wat helaas haarself opoffer om sy bas te red.

Toe ons destyds die toneelproduksie as buitelugteater aangebied het, het ek reeds besef die teks het 'n inherente filmatiese kwaliteit, en dit het gelei tot die maak van die kortfliek vir die Silwerskermfees. Ons moes natuurlik heelwat aanpas en sny om 'n uur en amper 'n half se storie te verkort na 26 minute vir die film, maar ek dink die trefkrag is behou en die akteurs lewer skitterende spel. Ek glo gehore sal net so geraak wees deur die kortfilm as deur die toneelproduksie van destyds.

Kyk wanneer jou gunstelingfilm by die kykNET Silwerskermfees draai.

Lees 'n gesprek oor Suurlemoen!

Lees nog oor Totsiens, Pa.

Lees ook oor Iemand anders.

Lees ook oor Trippie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top