kykNET-Rapport Boekpryse: wenners aangekondig!

  • 0

 

vir interessante en innoverende fiksie & feite in Afrikaans

Die wenners van die nuwe kykNET-Rapport Boekpryse is aangekondig by ’n middagete in die Westin Hotel in Kaapstad op Vrydag 21 November.  

Drie kontantpryse ter waarde van R500 000 is toegeken aan die volgende boeke wat in 2013 verskyn het:

  • Wolf Wolf, Eben Venter
  • Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh en Bill Nasson
  • ’n Ander mens, Zirk van den Berg

Wolf, wolf – Eben Venter (Tafelberg)

 

 

Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh & Bill Nasson (reds) (Tafelberg)

Lees 'n onderhoud met Albert Grundlingh oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Lees 'n onderhoud met Bill Nasson oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

The War at Home: An interview with Bill Nasson

 

 

 

’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Lees 'n onderhoud met Zirk van den Berg oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Lees gerus ’n Ander mens
Jonathan Amid

Alle uitgewerye wat boeke in Afrikaans publiseer, is genooi om boeke voor te lê. Uitgewers is gevra om in die fiksiekategorie boeke voor te lê wat in tema die nuwe aandurf, in taalgebruik die reikwydte van Afrikaans vergroot, in diepgang meer as een lesing inhou, en wat die groot gesprek van die Afrikaanse en wêreldletterkunde verder voer op ’n manier wat die geïnteresseerde leser nie agterlaat nie.

In die niefiksie kategorie is hulle gevra om boeke voor te lê wat noodsaaklike leesstof is vir die vebreding van ons begrip van die wêreld, boeke wat spreek van grasie en empatie, of andersyds, wat die onwillige begryper skok tot nuwe insig. Boeke wat kan saamgesels met die beste in die wêreld.

Wat die filmkategorie betref, moes dit gepubliseerde romans met potensiaal om verwerk te word in ’n draaiboek wees, verhale met ’n sterk narratief, veelkantige en veral onthoubare karakters en, uit die aard van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf, dié wat kommersieël vatbaar sou wees.

Uit ’n oes van 54 voorlegging het die volgende skrywers die kortlyste gehaal:

FIKSIE

  • Valsrivier, Dominique Botha (Umuzi)
  • Klimtol, Etienne van Heerden (Tafelberg)
  • Wolf Wolf, Eben Venter (Tafelberg)

NIEFIKSIE

  • Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh & Bill Nasson (reds.) (Tafelberg)
  • Here & boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712, Karel Schoeman (Protea Boekhuis)
  • Onder die radar, Dana Snyman (Tafelberg)

FILM

  • Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur 11 gedeel kan word, Jaco Jacobs (Lapa)
  • Score my ’n gwai, Marlize Hobbs, (Human & Rousseau)
  • ’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Die beoordelaars wat voor moeilike keuses gestel is in die besonder sterk kortlys, was prof Thys Human van NWU, prof Louise Viljoen van Stellenbosch, prof Steward van Wyk van UWK en regisseur Gerrit Schoonhoven in die fiksiekategorie. In die niefiksie kategorie het prof Herman Wasserman van UCT, Irna van Zyl van New Media, Mike van Graan van die African Arts Institute en Herman Binge van Lion’s Head Productions behoorlik kopgekrap oor die voorleggings vir niefiksie. Besluite oor voorleggings in die filmkategorie is geneem deur Herman Binge en Gerrit Schoonhoven.

Die keurders van vanjaar se toekennings was Thys Human van NWU, Louise Viljoen van Stellenbosch, Steward van Wyk van UWK en Gerrit Schoonhoven in die fiksiekategorie.

Thys Human

Lees 'n onderhoud met Thys Human oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Louise Viljoen

Lees 'n onderhoud met Louise Viljoen oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Steward van Wyk

Lees 'n onderhoud met Steward van Wyk oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

 

Gerrit Schoonhoven

Herman Wasserman van UCT, Irna van Zyl, Mike van Graan en Herman Binge was die keurders in die niefiksiekategorie.

Herman Wasserman

Lees 'n onderhoud met Herman Wasserman oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Irna van Zyl

Lees 'n onderhoud met Irna van Zyl oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Mike van Graan

Lees 'n onderhoud met Mike van Graan oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Herman Binge

Lees 'n onderhoud met Herman Binge oor die kykNET-Rapport Boekpryse.

Hierdie pryse is ’n belegging in Afrikaanse skrywers en letterkunde, ’n afdeling van die kunste wat ons land se kultuur onmeetbaar verryk. In ’n tyd waarin die voortbestaan van die boek op alle kontinente kommer wek, stroom die Afrikaanse inskrywings vir 2015 se toekennings reeds in.

Hettie Scholtz, sameroeper

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top