SêNet-briewe | Letters

 
kwessie
Skepper Staan Só, Sy Man, Liewe Vader,
Mens mos Ultra-Heilig, Kjend, van God,
al’s Gewete, iew’ste, bynatjies aan skerwe,
al wil Mens nie, Oorwinlik, Lewe Twee erwe

aaire soos ‘n aasvoël, vleeslustig, t’swerwe,
wag vir sterwendes, hul laaste blaas te gee,
Lewe Een se hel, wetenskaplik t’ruil, vir Twee,
onkunde-ontkenningskunde geslepe geslyp,
byna ragfyn, deskundig, tot ideologie verfyn

“ras” en “klas” innie mieks, sosiale kapitaal,
kapitalis, kommunis, koppen-ene-symste,
straatwys NDR-mus in, diskriminasieloos,
struktuurgeweld, gewelddadig, weg lat gat

waarskynlik weg van minste weerstand,
debat wattie van verstand vreeslik verg,
meerderheidswil mossie op enig agenda,
net NDR-leerstellingsgordel, ommie lende

Mens retro-regressief, Self-destruktief,
nes Pamplona se bulle, net op pad yt,
onbewus, waarheen straat, weg, baan,
hoekom uitbuiters, eksploiteerderskare,
hul Self, Gewete, Eie, Nageslag, so erg,
so gewetenloos, Gewete-loos, te buite gaan

bly’t ma’ kwessie, bitter moeilik, t’verstaan,
Mens noodwendig, Self, via eie hand, verslaan,
Gewete gewetenloos, kil-koelbloediglik, vergaan

Jacobus Faasen

 

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address