Kom sing in die Klein Libertas Teaterkoor

  • 0

Op 22 Maart 2011 is die Klein Libertas Teaterkoor gestig.

Dit is ‘n gemeenskapskoor vir enigiemand wat graag wil deelneem aan koorsang.

Die koor se missie is om ‘n lekker sing, prettige en meelewende saamsing-geleentheid te skep vir enige persoon wat graag wil deelneem.

Die koor wyk af van geykte koortradisie, met die klem op teatrale, en selfs kabareteienskappe. Enige musiekstyl sal aangedurf word. Dit is nie ‘n koor met streng moets en moenies nie, maar ‘n koor opgebou uit mense wat doodeenvoudig wil lekker sing. Die koor werk dikwels saam met bekende teater-persoonlikhede en –sangers, komponiste en regisseurs.

Die KLTKoor is nou een jaar oud, met ‘n reeds opwindende pad wat geloop is: Hulle eerste jaarlikse konsert, “Klein Libertas Teater Koor KLim uit die (Koor)Kas uiT” met regie deur Juanita Swanepoel, is met groot sukses en ‘n staande ovasie ontvang, as heerlike vermaak. Met die US Woordfees 2012 het hulle kragte saam gespan met Francois van Coke, Leroi Nel, drie operasangers, stryktrio en rockband in die Suiderkruis Mis. Dit is met groot opgewondenheid, nog ‘n staande ovasie en ‘n vier-ster resensie ontvang.

Die buitengewone is hiérdie koor se leuse. Grensverskuiwend en interessant, maar bowenal vermaaklik vir koorlede én gehore.

Prettig is dit ongetwyfeld!

As jy belangstel, kan jy by ons kom aansluit by die Klein Libertas Teater, of skakel Klein Libertas Teater by (021) 883-8164.

Maandae-aande 18h00 – 20h00 is repetisieaande.

KOORLEIER / CHIEF COOK AND BOTTLE WASHER / WYNLIEFHEBBER / MUSIEKMANIAK / BEGELEIER / VERWERKER / SANG-VERTROUESKEPPER / WINDGATMAKER / ALTERNATIEWE KONTAKPERSOON: Rika Vermeulen

072 262 7239

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top