Klankopname: Marlene van Niekerk gesels oor Kaar

  • 0

Klankopname: Marlene van Niekerk gesels met Marius Swart oor Kaar wat pas bekroon is met die Hertzog-prys vir poësie. Die onderhoud is gereël deur die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands.

Opsomming

Verwelkoming, vrywaring, verkenning
01:00 Voorlesing van “Woordverklaring”
02:30 Spel met taal, skryf as ambag
04:00 Skryf is ’n eensame besigheid waarvoor mens dissipline nodig het
06:20 Vervreemding van/deur teks
06:50 “Vreemdheid” as (gesogte) kwaliteit van literêre teks
09:00 Werk van inspanning om verby clichés te kom
10:00 Voorlesing van “Sot poempie”
13:20 Hunkering en gemis kom deurlopend in bundel voor
14:50 Idee van beelding, uitbeeld, afbeeld, verbeeld
15:50 Die merke wat mens agterlaat is ’n argief van jou vervellinge, ’n spoor van aanwesigheid  en agentskap.
           Mens laat agterblyfsels van jou gevoel van agentskap (as digter).
19:20 Kunstige/kreatiewe narsisme
20:20 Interpretasie van eie werk (spesifieke Die sneeuslaper en Kaar), maar nie as skrywer nie
23:40 Afrikaans en ideologie
25:30 Voorlesing van “Waterplas en sterre”
28:00 Taalskepsis en taalvertroue
29:50 Voorlesing van “Die valk”
32:00 Gebruik van Google (“manjifieke poëtiese assosiasiemasjien”)
32:30 Bespreking van “Die valk” en verwondering van/in natuur
37:00 Natuurwaarneming en tegnologie
38:00 Poësie ontsluit kommunikatiewe intimiteite in taal, emosionele en kognitiewe moontlikhede
41:20 Voorlesing van “Oujaar Amsterdam, 2007”
46:30 Voorlesing van “Vrou, wind, deur”
48:30 Voorlesing van “Die seekat”
49:50 Ars poetica

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top