Panda, moet nou nie simpel wees nie. Jy weet tog daar is 7,23 ligkilogramme in ’n kubieke desibel, waaruit ons maklik kan aflei dat daar 57 vierkante gauss is in 25 meter-dae, en daaruit volg die antwoord op jou vraag dan heeltemal logies. :-)
Brianvds – Nee man! Hoekom help jy hom nou? Ek wou juis hê hy moet self sukkel.
Panda
Ligjaar is NIE ’n eenheid vir tyd nie, Dolf, maar vir afstand. Jy ken nie jou astronomie nie. Die definisie van ligjaar volgens my naaste astronomie-woordeboek is "A unit of distance equal to the distance traveled through space in one year by light, radio waves, or any other form of electromegnetic radiation. Since all electromagnetic radiation travels in a vacuum at the speed of light, one light year equals about 9.4605 x 10 to the power of 12 km."
In Afrikaans word dikwels verkeerdelik gepraat van ligjare (wat juis in jou verwarring tussen afstand en tyd bevestig). Dit is ligjaar, nie ligjare nie. Om JE van Zyl, die voormalige astronomie-dosent van Wits uit sy deeglike werk, Ontsluier die Heelal (Protea Boekhuis), aan te haal: "Die ligjaar is dus ’n afstand – soos in die ou dae verwys is na twee uur te perd om ’n afstand van omtrent 20 km aan te dui" (p. 173). Dolf, bly dus liewer stil as iets nie verstaan nie.
Panda,
Wat verstaan jy nie? Ek het nie gesê ’n ligjaar word gebruik om “tyd” mee te meet nie, soos in “ligjare gelede” nie. Ek dui op die belangrikheid van “tyd” in die berekening van ’n ligjaar en dan ook ander aanames wat daaromtrent gemaak word soos digtheid van die medium, ens. Daarom wys ek jou daarop dat dit ’n onakkurate metode is om astronomiese afstand te bepaal gegewe die bo-genoemde. En ook dat jy nie ’n ligjaar kan sien sonder om tyd daaraan te koppel nie.
Dus, as Nasa (ek verwys na Rael-en-Gael se skrywe) sê dat hulle tot dusver die verste waarneembare sterrestelsel op ’n afstand van ongeveer 13,5k miljoen ligjaar ontdek het, en dat dit is (só dink hulle) soos wat die heelal 13.5k miljoen jaar gelede (tyd) daarna uit gesien het, beteken dit 2 dinge. Die afstand soontoe is ongeveer 13,5k miljoen ligjare vêr (afstand) en indien ons soontoe wil gaan moet ons vir ongeveer 13,5k miljoen jaar (tyd) teen die spoed van lig (soos bereken onder aardse toestande ) “travel” om daar uit te kom! Net vir interessantheid – dit sal “time travel” wees omdat daar “terug” in tyd gegaan sal word, dan nie? Met ander woorde “tyd” speel ’n belangrike rol in astronomiese afstandsbepaling in terme van ligjare en die twee kan nie apart gesien en/of gebruik word nie. Dit gaan nie oor ek wat “hardkoppig” is nie, dit gaan oor eenvoudige logika.
Dus om jou vraag te beantwoord, is daar 365 (aardse) dae in 1 ligjaar (ek sluit skrikkel jare uit) omdat dit ’n ligpartikel 365 dae (tyd) neem om 1 ligjaar te voltooi, teen die spoed van lig (is dit nie tog hoe ’n ligjaar se afstand bereken word nie?). Met ander woorde dit neem die ligpartikel, 365 dae om die afstand van 1 ligjaar af te lê, teen die spoed van lig, natuurlik. Kan jy nou sien - die een kan nie sonder die ander nie? Kyk gerus weer my vorige eenvoudig definisie van ’n ligjaar. Indien jy tegnies wil raak kan ons seker begin om na 364 en ’n kwart dae te kyk – maar jy verstaan sekerlik wat ek bedoel?
Dan wil jy hê ek moet sukkel?
OK, blaas stadig uit.
Sterkte
Dolf
’n Alternatiewe manier om dit te verduidelik is met dimensionele analise. Spoed (van lig byvoorbeeld) is die afstand wat afgelê word gedeel deur die tyd wat dit neem om daardie afstand af te lê. Die dimensies is dus [afstand]/[tyd]. ’n Jaar is ’n eenheid van tyd en sy dimensie is [tyd]. ’n Ligjaar is die produk van die twee, met dimensies [afstand]/[tyd]*[tyd]. Omdat jy met die [tyd] dimensie deel en dan weer maal, kanselleer dit uit en bly jy oor met slegs een dimensie: [afstand].
Jy sou ’n ligdag kon definieer as die afstand wat lig in ’n dag aflê en dan sê dat daar ongeveer 365 van hierdie afstandeenhede in ’n ligjaar is, maar jy kan nie ’n afstand in tydeenhede opdeel nie.
Kobus, waarom volg jy nie jou eie raad en "laat staan die spul" nie? Ek neem nie juis deel aan die gelowiges hier se teologiese debatte nie (my spirituele intelligense is immers te laag). Maar sommige van hulle kan eenvoudig nie hulle Bybels uit die wetenskap uithou nie.
Ek is sekerlik nie die enigste kyker wat wonder wat met Tony Soprano gebeur het nie.