Hoe lyk die nuwe Suid-Afrika na die verkiesing?

  • 2

Die volgende verkiesing is eersdaags weer op hande. Wat gaan na verwagting anders wees daarna?

Die ANC-regering het ‘n funksionele staatsbestel in 1994 op ‘n skinkbord gekry, met komplimente van die NP, wat agterna geblyk het bloot die wit gesig van dieselfde ANC te wees. Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse staat egter aanhoudend uitgerafel.

Dit is nog slegs die klompie stiksieniges wat bly glo en vertel dat die land enige ander patroon sal volg as die rasse-patroon, gesien dat die ANC reeds die raskaart ten volle gespeel het in die aanloop tot die verkiesing. Die ANC se kaders, beamptes en aanhangers het reeds die swart kieserkorps bang gepraat met praatjies van sie sogenaamde “wit gevaar”. So verklaar die ANC-stryder Cyril Ramaphosa dat: “If you don’t vote for us, the Boers will rule you again”. Ek wonder wat die spul linkses en liberales nou sê oor die “ons” en “hulle” sindroom, komende van die “hulle” hulself afkomstig?

In die swart townships verklaar die ANC openlik dat ‘n stem vir die DA die terugkeer van “Apartheid” sal inlui. Erger nog, dit sal volgens die ANC die einde wees van die welsyn-betalings (sogenaamde “social grants”) wat aan 16 miljoen swartes maandeliks uitbetaal word. Enige twyfel nog dat ons in ‘n sosialistiese staat verander het? Gooi daarby in die gratis T-hemde en kospakkies, en die uitslag van die verkiesing is verseker klaar in die sakkie.

Die politieke stelsel van verantwoordbare demokrasie het geen antwoord teen hierdie ANC taktieke nie, en die ANC weet dit. Dis die land waarin die klein blanke minderheid moet leef en oorleef.

Wat gaan anders wees? President Zuma is ‘n persoon wat geen probleem om die 683 bedrogklagtes teen hom, die wapenskandaal en die gruwelike vermorsting van belastinggeld op sy luukse paleis in Nkandla skaamteloos te verdedig nie, en selfs te regverdig nie. Uit daardie oord kan ons dus geen verbetering verwag nie.

Die staatsdiens is vir die ANC nie daar om diens aan die publiek te lewer nie, maar bloot om die lojale kaders van hoog betalende poste te voorsien. Volgens die bekende ekonoom, Dawie Roodt, kry die gemiddelde staatsamptenaar nou reeds 40% meer aan salaris as sy eweknie in die privaat sektor. Die staatsdiens het die afgelope 20 jaar nog elke jaar in getalle groter gegroei en meer geword, sonder enige verbetering in produksie of effektiwiteit. Die grootste werksverskaffer vir onbevoegde mense en luiaards in die land. Die nepotisme en korrupsie gaan voortduur en permanent word.

Wet en orde sal steeds agteruit gaan. Die korrupsie, nepotisme, en verval sal voortgaan. Ook daar is geen verbetering in die vooruitsig nie.

Die liberale koerant Business Day vind dit nodig om uit die skrywer Ayn Rand’s se boek Atlas Shrugged aan te haal:

“When you see that in order to produce, you need to obtain permission
from men who produce nothing; when you see that money is flowing to
those who deal, not in goods, but in favours; when you see that men
get richer by graft and by pull than by work, and that your laws don’t
protect you against them, but protect them against you; when you see
corruption being rewarded and honesty becoming a self-sacrifice; you
may know that your society is doomed.”

Dis tans die posisie waarin Suid-Afrika onder die ANC hom bevind. Die tragiese is dat daar geen vooruitsig vir verandering ten goede is nie.

Gawerjal

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Gawerjal, met groot hartseer deel ek jou prentjie ... maar wat van 'n bietjie hoop die dag as Donald Trump die Amerikaanse president word en sy kritiek teen die ANC amptelik en met sulke gesag vanaf die wêreldverhoog lewer (vir Zuma en sy meelopers "fire")? ... en wat is die moontlikhede as die meerderheid Afrikaners hul eie leiers hierdie keer ondersteun en in 'n behoorlike koor saam vir ons plekkie in die son sing? ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Ja, Cornelius. die gesegde lui van "hope against hope" dat dinge sal verbeter. DIe moeilikheid van die Afrikaners is dat hulle ongeveer 1,5 miljoen stemgeregtigde kiesers in totaal het. DIt skop nie eers 'n duik in die ANC se getalle-oormag nie, selfs al staan alle Afrikaners saam onder een party. Ons leef onder 'n diktatuur van getaale-oormag, waar koppe getel word en getalle die enigste maatstaf is. Afrikaners se heil lê nie by die stembus nie. Solank getalle die enigste maatstaf is, so lank sal ons geen inspraak hê in ons eie heil en toekoms nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top