HemelBesem verskaf woordpret

  • 0

HemelBesem vroeër vanjaar by die Tuin van Digters
Foto: Naomi Bruwer

As jy onder die indruk is dat die ruimte waarbinne woordeboeke gemaak word, vaal is, en bewoon deur ou ooms met grys skoene en ewe grys baarde, het jy beslis nog nie ’n draai gaan maak wanneer die WAT hul “Woordpret” aanbied nie!


Vrydag 3 Oktober was dit Muratie se wynmaker, Hattingh de Villiers, wat die kele klam gehou het en HemelBesem wat die WAT-gaste vermaak het. En te oordeel na die reaksie van die gehoor was dit ware woordpret.

Oor die herkoms van sy verhoognaam sê HemelBesem: “Ek is gegrond, maar kop in die wolke. Gewortel in aardse dinge, maar gevoer deur hemelse inspirasie. Vee skoon vanuit ’n hemelse perspektief.”

Een ding is seker: dié Namakwalandse kêrel, wenner by die 2010 African Hip-hop Indaba-kompetisie en gasheer van die Nasionale Afrikaanse hip-hop-talentsoekkompetisie by verskeie Afrikaanse kunstefeeste, is nie op sy mond geval nie. Hy weet hoe om ’n gehoor mee te voer en in die ban van sy woorde te bring, want sy mond is “’n deep-heat-ding” wat “heat ... bring”.

Die nagloed van HemelBesem se woorde sal inderdaad nog lank die gaste se harte verwarm.

John Miles, HemelBesem en Willem Botha

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top