Hartverwarmende optrede in Fismersaal

  • 0

Elizabeth Berger, Erik Dippenaar en Peter Martens

Die Endlerkonsertreeks se eenheid vir vroeë musiek het Saterdagaand 18 Oktober ’n konsert met barokinstrumente in die Fismersaal in Stellenbosch aangebied. Elizabeth Charlotte Berger op die barok- en blokfluit word beskou word as een van die mees vooraanstaande spelers van haar generasie in Duitsland. Sy het die verhoog gedeel met Erik Dippenaar op klavesimbel en Peter Martens op baroktjello – al drie musici wie se spel hul uitstekende reputasie gestand doen.
 
Die genoeglike program het die volgende werke uit die vroeë en hoog-Barok-tydperk ingesluit:

  • Telemann se Sonate in C-majeur vir altblokfluit en basso continuo wat tot die kerksonate-genre behoort.
  • Jacques-Martin Hotteterre se Suite Nr 1 vir dwarsfluit en basso continuo in D-majeur.
  • CPE Bach se Sonate in G-majeur vir dwarsfluit en basso continuo. Bach junior se werk bevat ’n ligte speelsheid wat nie by vader Bach teenwoordig is nie.
  • Antonio Vivaldi se Sonate Op 13/6 in G-mineur vir dwarsfluit en basso continuo.
  • Jacob van Eyck se melodie met sy oorsprong in die Griekse mitologie – “Philis schooner herderin” uit Der Fluyten Lust-hof.
  • Die onbekende Signor Detri se kerksonate, Sonate in C-mineur vir blokfluit en basso continuo.

Dit was ’n uur wat in goeie geselskap deurgebring is!

(Net jammer die Fismersaal se stoele kraak so.)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top