Foto's: Bekendstelling van Marlene van der Westhuizen se Geheime van 'n Franse kookklas

  • 2

Marlene van der Westhuizen se nuwe kookboek, Geheime van 'n Franse kookklas, is Saterdag 22 November by die Grand Roche Hotel in die Paarl bekendgestel. Gaste is trakteer met Grand Roche se hoogaangeskrewe teetafel, terwyl Marlene vertel het van haar belangstelling in kos en die kookklasse wat sy in die Franse platteland aanbied.

Geheime van 'n Franse kookklas

Skrywer: Marlene van der Westhuizen
Uitgewer: Human & Rousseau
ISSN: 9780798165334

Koop Geheime van 'n Franse kookklas by Kalahari.com

Grand Roche Teetafel

Anja Bosken, hoofbestuurder van die Grand Roche, verwelkom die gaste.

Isabeau Botha van die Taalmuseum en -monument was gasvrou van die geleentheid. 'n Gedeelte van die kaartjieverkope het gegaan ten bate van die Taalmuseum se projek om vroue te bemagtig.

Grand Roche Teetafel

Lorraine Conradie en Wietske Kruger

Nerine Davis en Paul Kruger

Grand Roche Teetafel

Catherien Wilkinson en Riana Saaiman

UIT: Geheime van 'n Franse kookklas

GRUYÈRE-EN-UIETERTJIES MET HASELNEUTE

Gewoonlik maak ek sommer ’n lekker groenslaai om saam met hierdie tertjies te geniet.

My gunstelingslaaisous maak ek deur ’n eetlepel mosterd, ’n eetlepel heuning en ongeveer ’n halwe koppie okkerneutolie bymekaar te klits. Die slaaisous kan ook met ’n paar druppels room verdun word. Dis regtig heerlik en die smaak komplementeer die tertjies.

Om te verseker dat die pasteideeg nie pap word nie, smeer dit met eierwit voordat jy die vulsel in die tertdoppies skep.

As jy nie ’n dubbelkastrol het nie, is dit maklik om jou eie te maak deur ’n mengbak van vlekvrye staal oor ’n kastrol met kokende water te plaas. Maak net seker dat die onderkant van die bak nie aan die water raak nie.

1 rol broskorsdeeg, ontdooi
1 E botter
1 medium ui, fyngekap
150 g Gruyère-kaas, fyngerasper
3 eiers
250 ml room
sout en witpeper na smaak
2 E witwynasyn
2 eiergele
4 E gesmelte botter
125 g haselneute, geskil en liggies gerooster

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 6 goedgesmeerde klein tertpannetjies uit met die broskorsdeeg.

Smelt die botter in ’n pan en laat die uie daarin sweet tot goud en deurskynend. Laat effens afkoel.
Skep die uie in die pasteivorms en verdeel die gerasperde kaas tussen die tertjies. Plaas in die koelkas.

Klits die eiers en 150 ml van die room saam, geur en giet die mengsel in ’n groot beker. Haal die tertjies uit die koelkas en giet ’n bietjie van die room- en-eiermengsel in elke tertvorm, maar moenie te vol maak nie ... dit mag dalk oor die rande van die tertjies rys.

Bak die tertjies vir ongeveer 10 minute in die warm oond, of tot die vulsel stol en die pasteideeg ’n pragtige bruin kleur het.

Verhit intussen die asyn in ’n dubbelkastrol en klits die eiergele in die asyn tot die mengsel lig en romerig is.

Giet die gesmelte botter baie stadig by die mengsel en hou aan met klits tot dit ’n dik emulsie vorm. Laat afkoel. Klits die res van die room tot dit sagte punte maak en vou by om ’n gladde hollandaisesous te maak.

Haal die tertjies uit die oond en skep ’n bietjie hollandaise oor elke tertjie.

Sit terug in die oond om vir nog 3 minute te bak tot die hollandaise oppof en ’n pragtige goudbruin kleur kry.

Garneer met haselneute en sit dadelik voor met ’n vars groenslaai.

Genoeg vir 6

 

Wilmien van der Westhuyzen en Anneke Cronjé

Grand Roche Teetafel

Alet van der Westhuizen, Johnny Hamman, Marius Uys en Francois Liebenberg

Nerine en André Davis

Voor: Nerina van Zyl, Annelie van Zyl, Vickie de Beer

Agter: Christine Weber en Claudette du Plessis

Marlene van der Westhuizen gesels oor die boek wat sy saamgestel het om ook te dien as handleiding vir die kookklasse wat sy in die Franse platteland aanbied.

Grand Roche Teetafel

Sue Devine en Yvonne Broodryk

Voor: Chris en Hazel
Agter: Lise, Jani, Jeannine en Grethe

Grand Roche Teetafel

Annemarie van Zyl, Annari Norma en Adéle Mostert

Grand Roche Teetafel

Henriette en Mariette

Lara Maritz en Marizanne Young

Grand Roche Teetafel

Ilse Victor, Mildred Victor, Adri von Althten, Anghin von Althten en Edela von Althten

Welma Mashall, Jeanne Jacobs en Lieze Barnard

Heath Joubert, Sunette Fourie en Madeleine Hugo

Joanie Mouton en Maryke Ferreira

Surita Joubert en Annake Müller van NB-Uitgewers

Alta Joubert en haar dogter Isabeau Botha

Grand Roche Teetafel

Paarl se burgemeester, Gesie van Deventer. Gesie, ook wynmaker op die plaas Domaine Brahms, het die wyn vir die geleentheid geskenk.

Volgens Marlene is dit belangrik dat die kos 'n volrondheid in die mond het. Daarom kook sy byvoorbeeld met baie botter, eendvet en room.

UIT: Geheime van 'n Franse kookklas

CRÈME EN PETITS POTS

Hierdie smaaklike roompotjies kom uit ’n tyd lank voordat crème brûlée die wêreld verower het en is boonop heelwat makliker om te maak.

Sit dit voor in dieselfde potjies waarin dit bak. Mooi vuurvaste glase of klein porseleinbakkies werk ewe goed. Giet die mengsel in ’n groot beker en skink dit dan in die potjies, bakkies of glasies waarin jy dit gaan voorsit.

As jy eerder ’n heerlike ryk koffieroom wil maak, voeg net ’n paar druppels baie sterk koffie by die roommengsel voordat jy dit in die potjies gooi.

100 ml volroommelk
125 g strooisuiker
400 ml dik room
5 groot eiergele
1 t vanieljepasta

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Giet die melk in ’n kastrol en voeg die strooisuiker by. Verhit stadig en roer tot die suiker heeltemal opgelos het. Gebruik ’n gaatjieslepel en skep die skuimerigheid af.

Voeg die room by en hou aan met roer tot stoom by die kastrol uitkom. Haal van die stoof af. Klits die eiergele deeglik en voeg ’n bietjie van die roommengsel by die eiers terwyl jy aanhou klits. Voeg die vanieljepasta by. Giet die eiermengsel by die room en suiker en klits goed.

Plaas die glasies of porseleinbakkies in ’n groot oondpan. Giet die room in die bakkies en maak seker dat jy dit mooi vol gooi.

Vul die pan rondom die bakkies met kookwater – pas op dat jy nie brand nie! Bedek die bakkies effens met foelie of waspapier, plaas die pan versigtig in die oond en bak vir 35 minute of tot die room gestol het.

Haal uit die oond, verkoel en sit voor.

Genoeg vir 6

Grand Roche Teetafel

Annemarie van Zyl, Isabeau Botha en Amira Clayton van die Taalmuseum en -monument

Grand Roche Teetafel

Foto's © Naomi Bruwer

  • 2

Kommentaar

  • Nico M Ferreira

    ... Pragtige foto's! Daai hoed, daai hoed vat die koek! Pragtige statement deur Maryke Ferreira ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top