Foto's: Bekendstelling en bekroningsgeleentheid van Nuwe Stories 3

  • 1

Donderdag 20 November is Nuwe Stories 3 in die Harley Davidson Klubhuis in Kaapstad bekendgestel. Die bundel bevat 17 kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir 2014. By dié geleentheid is vanjaar se wenverhaal, asook die naaswenners en merietepryse, aangekondig. Naomi Bruwer het by die bekroningsgeleentheid foto's geneem.

Nuwe Stories 3

Saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn
Uitgewer: Human & Rousseau
ISSN: 9780798167987

Koop Nuwe Stories 3 by Kalahari.com

Craig Ireland en Louise Kotzé

Megan Lawrence, Frederick Botha en Steffen Josephs. Drie van Frederick se verhale is in Nuwe Stories 3 opgeneem.

Janita Holtzhausen, uitgewer van Nuwe Stories 3

Carien Smith saam met haar ouers, Salmon en Susan Smith. Die Smith-gesin het al die pad vanaf Oos-Londen gery vir die bekroningsgeleentheid. Twee van Carien se verhale is in die bundel opgeneem.

Carla van der Spuy en Tanya van Buuren. Tanya se verhaal "Ontspoor" is in die bundel opgeneem.

Danie Marais was die seremoniemeester van die aand.

Ilisna Nel en Eben Pienaar. Ilisna se verhaal "Een, twee, drie, blok myself" is in die bundel opgeneem.

Emma Olën, Luka Dreyer en Amber Robertson. Luka Dreyer se "Een in 'n miljoen" is een van die verhale in die bundel.

Elani Venter en Nadia van der Merwe. Twee van Elani se verhale verskyn in die bundel.

Niël Koekemoer en Susan Gaigher. Twee van Susan se verhale is in die bundel opgeneem.

Henning Pieterse en Abraham H de Vries in gesprek.

Etienne Bloemhof van NB-Uitgewers

Medesamesteller Suzette Kotzé-Myburgh

Medesamesteller Leti Kleyn

Henning Pieterse en sy groep kreatieweskryfwerkstudente het as beoordelaars opgetree. Volgens Henning is hy veral beïndruk met die verbetering in die verhale vandat hulle ingeskryf is totdat hulle in die boek verskyn het.

Karla Kargaard en Caren van Houwelingen. Karla se "Om 'n bok se hart te plant" is in die bundel opgeneem.

Martin Laubscher en Caren van Houwelingen. Martin se "Die einde van 'n wêreld" is in die bundel opgeneem.

Beoordelaar Abraham de Vries het die jong skrywers verseker dat die waarde van 'n kortverhaal nooit onderskat moet word nie. Tog moet hulle daarop voorbereid wees dat elke onderhoudvoerder altyd sal vra: "So wanneer skryf jy 'n roman?"

Die wenners! Frederick Botha, Carien Smith, Elani Venter en Susan Gaigher.

Eerste prys:

  • Frederick Botha vir sy kortverhaal "The day Madiba died"

Naaswenners:

  • Carien Smith vir haar kortverhaal "Binnekort"
  • Elani Venter vir haar kortverhaal "Lettie se verlies"

Eervolle vermelding:

  • Susan Gaigher vir haar kortverhaal "Maslow"
  • Carien Smith vir haar kortverhaal "Likkewaan"

Met 65 inskrywings vir die wedstryd is al die skrywers wat in Nuwe Stories 3 opgeneem is, reeds wenners. Hier is Frederick Botha, Carla Kargaard, Tanya van Buuren, Martin Laubscher, Susan Gaigher, Luka Dreyer, Ilisna Nel, Carien Smith en Elani Venter.

Die skrywers saam met die samestellers, Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn.

Carien Smith teken Abraham de Vries se kopie van Nuwe Stories 3.

Foto's © Naomi Bruwer

  • 1

Kommentaar

  • Carla van der Spuy

    Baie dankie vir 'n heerlike aand en die geleentheid wat jong skrywers gebied word!

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top