FAK bespreek die Vrystaat se geskiedenis

  • 0

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het op 21 Februarie 2014 ’n konferensie oor die 160-jaar-herdenking van die Vrystaat Republiek by die Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein gehou. Die program het om 09:00 begin en met ’n heerlike middagete afgesluit. Die gassprekers vir die konferensie was:

  • Prof Hermann Giliomee –Die Republiek van die OVS: “Ideale Gemenebes in Afrika-omstandighede”
  • Prof Danie Goosen – Oor republieke en republikeine: verskillende interpretasies vir vandag
  • Mnr Mosiuoa Lekota – ’n Vrystaatse perspektief op die ontwikkeling van demokrasie: 1994–2014
  • Prof Koos Malan – Twintig jaar later – waar staan die republiek vandag?
  • Paneelbespreking met prof Louis du Plessis, prof Pieter Duvenage en mnr Carel Boshoff IV.

Na afloop van die konferensie is daar in die nostalgiese huis van die Ou Presidensie op die hoek van Pres Brandstraat en St Georgesstraat fees gevier waar die gaste deur Jak de Priester vermaak is. Die FAK het ook aan NALN ’n FAK-sangbundel oorhandig om as deel van hulle kultuurskat te bewaar.

Foto's: Samantha Müller

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top