The Rum Diary: ’n heerlike, dronk, chaotiese jaagtog

  • 0


The Rum Diary

Regisseur: Bruce Robinson

Rolverdeling: Johnny Depp, Michael Rispoli, Giovanni Ribisi, Richard Jenkins, Aaron Eckhart, Amber Heard


Die Amerikaanse skrywer Hunter S Thompson het die benaming gonzo journalism bekend gemaak. Volgens my woordeboek beteken dit “idiosyncratically subjective”, en hier is alreeds ’n laggie ingebou, want die belangrikheid van objektiwiteit word by joernaliste ingedril.

Johnny Depp is Paul Kemp (die jong Thompson in die 1950’s), wat pas ’n koerantpos in Puerto Rico aanvaar het. Dié het verander in ’n toeristeparadys vir oorgewig middelklas-Amerikaners, met gulsige eiendomsontwikkelaars wat so gou as moontlik die ongerepte kuslyn vol hotelle wil bou. Intussen krepeer die plaaslike bevolking en is daar omtrent daagliks opstande teen die regering.

Paul word die geleentheid gebied om saam met die eiendomsontwikkelaar Sanderson (Aaron Eckhart) te werk – hy moet die wonderlike advertensiekopie skryf wat die kopers moet lok. Aan die ander kant voel Paul verantwoordelik vir goeie joernalistiek: om onregte en magsmisbruik aan die kaak te stel deur middel van sy skryfwerk. Hierin word hy ondersteun deur sy drinkebroers Sala (Michael Rispoli), die koerantfotograaf, en Moberg (Giovanni Ribisi in seker die vreemdste vertolking van sy loopbaan), wat reeds afgedank is by die koerant weens sy verhouding met die bottel en sy onvermoë om by sperdatums te hou. Om sake net nog ’n bietjie ingewikkelder te maak, is Paul malverlief op Chenault (Amber Heard), Sanderson se sexy verloofde.

Hierdie film is ’n heerlike, dronk, chaotiese jaagtog vol absurde humor, maar met ’n heel ernstige ondertoon. Hoogs vermaaklik.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top