Diek diek inni donker bos ... (erkenning aan die Babalela)

  • 0

Diek Grobler se kat was nou die aand op die televisie. Kwêla het by hom gaan inloer op die vooraand van die Innibosfees 2012, waar hy vanjaar feeskunstenaar is, en hy het sy kunswerke vertoon. Naomi Meyer het besluit LitNet se voorkamer moet deur hom versier word. Naomi het Diek gevra: Diek, vertel ons van die kat innibos. Hoe is hy gekonseptualiseer?

Hier is sy antwoord en daaronder die kat, in al sy gedaantes.

Die kat kom weer.

Dit was uit die staanspoor vir my duidelik dat dit nie ‘n doodgewone kat sou wees nie – daar moes antisipasie wees oor sy terugkeer. Hy was dus al vantevore “daar”. Die frase veronderstel ook dat daar iemand op hom sou wag, vandaar my allemankaraktertjie in rondebolkeil.

Aangesien dit ‘n kunstefees is, het dit gou duidelik geword dat die kat teatraal sou wees. ‘n Konsertkat, groter as die werklikheid. En soos dit maar in die teater gaan, is alles nie altyd wat dit voorgee om te wees nie. Die kat is dus ‘n kat as karakter, maar uit karakter bestaan dit uit stokke, lappe, waarskynlik papier-maché, en ‘n akteur of twee. The stuff dreams are made of ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top