Die poniekoerant-joernalis

  • 0

Die poniekoerant-joernalis

Soos ’n dorpsidioot
drentel hy agter jou aan,
kwylend in jou nek
kry hy jou onder skoot.
Vir hom gaan dit oor ’n storie.
Hy soek sy oomblik van glorie.
Hy moet die mensdom vertel
jy is van die hel.
Jou persoonlike lewe word geteer en geveer.
Jy word ’n openbare les geleer.

Die meegevoerde dorpsidioot,
glo sy storie is groot.
Hy het ’n morele punt gemaak.
Hy glo hy het die volk se hart geraak.

Intussen is die koerantsot
se eie lewe ook maar vrot.
Hy is ’n morele hoer,
wat self in die rou riool rondboer.
Die dorpsidioot se vrotte hel
word egter nooit aan die volk vertel.
Sy morele beginsels stink,
maar hy sal nimmer as nooit
sy eie ego sink.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top