Die onheilige einde

  • 0

Is dit die einde van wat ons is,
als wat ons behoort om na te strewe,
als ongedaan gemaak, als wat moes wees –
Is dit die einde?
 
'n Liggaam verrot onder 'n plaat van klip
verteer na as in die vuur,
ook wanneer 'n gedagte ontbind –
Is dit die einde?
 
Ons passies keer die wees omhoog         
raak slaags met ander harte
en mislei, met ‘n glimlag na die dood –
Is dit die einde?

Die harp en siter lê verpletter en stom.
Is die onsigbare speler dan dood?
As die boom afgekap is, waar die voël sing,
moet die musiek staak en die sanger rus?
Is dit die einde?

 Totdat alles volbring is
en Hy wat die sterre gemaak het, hier is,
tot die hart ontdek wie God is,
en die verstand self weet.
Ja, selfs dan is daar geen einde nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top