Die Nataniël Tafel terug op kykNET

  • 1

kykNET kanaal: 144
Elke Dinsdag vanaf 16 Julie 2013
19h30

“Die Nataniël Tafel ... Propvol kos, leefstyl, bekendes, komedie en vermaak.” Só is seisoen 1 aangebied en dieselfde hoë standaard kan van seisoene 2 & 3, nou in produksie, verwag word.

Nataniël het die ongelooflike vermoë om al wat mens is aan sy lippe te laat hang. Sy humorsin, staaltjies, teaterproduksies, musiek, kookkuns en sy hele menswees is meer as net ’n gewone persoonlikheid. Nataniel is inderdaad ’n leefstyl. Sy lewe wat oorloop van goeie smaak, vlymskerp humor, ’n breë verwysingsraamwerk is ’n ware inpirasie vir oud en jonk.

Die Nataniël Tafel seisoen 2 belowe om te bekoor met ’n vars mengsel insigte, filosofieë, vet pret met sy familie en vriende, vol watertanddisse.

Die Nataniël Tafel skop af op Dinsdag, 16 Julie, omstreeks 19h30 op KykNet vir 26 episodes propvol leefstyl- vermaak en pret wat almal sal laat skaterlag en inspireer. Kom neem jou sitplek by Die Nataniël Tafel.

 

  • 1

Kommentaar

  • ESTELLE JOOSTE

    Hi Nataniël
    Ek probeer al maande om jou te kontak. Ek is 60 jaar oud en voer die honger mense besig te bly. My npo is nog jonk en ek vra vir gebruikte items, klere, skoene en beddegoed groot asb. Ek woon in Riversdale en ek voer so 300 mens ’n week.
    Dankie
    Estelle

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top