Die mensdom moet die heeltyd gekoppel wees

  • 1

Elke dag sien ek mense op hul fone,
Wel ek sien eintlik net hul voorkoppe, hul krone.
Die mensdom moet die heeltyd gekoppel wees
aan mekaar, aan die wêreld, aan informasie –
waar is die mond-tot-mond-kommunikasie?
Facebook, Google, YouTube, Instagram, Pinterest en Twitter
laat almal se dom-liggies flikker.
Die mensdom moet die heeltyd gekoppel wees.
Dom mense word dommer, slim mense word luier –  
niemand lees meer ensiklopedieë, niemand stel belang, niemand kuier.
Die mensdom moet die heeltyd gekoppel wees.
Slimfone, slim TV’s, slim yskaste, slim mikrogolfoonde –  
kinders wat nie kan speel of spel nie,
vet ooms en tannies op die internet want dis net maklik – gemaklik,
lui kinders.
Lui mense.
Die mensdom moet die heeltyd gekoppel wees.
Alles moet nóú gebeur, almal moet nóú weet wat aangaan,
Elke foto’tjie en gebeurtenissie móét almal gaande
hê.
Elke aksie en reaksie moet publiek wees –
niemand kan meer privaat baklei, vry, of kuier nie.
Hoekom moet die mensdom die heeltyd gekoppel wees?

 

Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top