Leefstyl | Lifestyle

 
Die jagse weduwee
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Dit het alles begin by die kleuterskool. Haar seuntjie vier en myne vyf. Ons kom gereeld op dieselfde tyd by die kleuterskool aan en die aantreklike vrou trek gou my aandag. Haar donker hare is in ‘n kort, sagte styl gesny. Met blou oë en ‘n breë, warm glimlag, soos Julia Roberts s’n. Sy dra lang los rokke en behalwe dat sy mooi-gevormde borste het, kan ek nie uitmaak hoe haar figuur regtig lyk nie. Ek wil ek graag nader kennis maak, maar wil ook nie voorbarig wees nie. Later vind ek uit haar naam is Christa, maar die geleentheid ontbreek om kennis te maak.

Dis die kleuterskoolkonsert ‘n week of twee later en ek bied aan om te help met die dekor. ‘n Huisie se baksteenmure moet geverf word en die stuk karton lê op die vloer sodat ‘n mens makliker kan verf. Ek begin met ywer sodat ons die ding kan klaarkry, maar toe ek opkyk vanuit my hande-viervoet-posisie, sien ek die blou oë en die mooi glimlag, ook hande-viervoet besig om saam met my te verf. Hier is die geleentheid waarvoor ek so lank gewag het! Ons begin spontaan gesels, en sonder dat ek dit bedoel, merk ek weer die twee welgevormde borste op; maar ten spyte van die feit dat sy vooroor buk, val die lig so dat ek nie veel kan sien nie. Haar hals is ook nie eintlik so laag dat dit enigsins ‘n blik na die beloofde land toelaat nie.

Dis dan tot daarna toe. Die ys is egter gebreek en ons begin in die oggende as ons die kinders aflaai, lank en lekker gesels. Later vind ek uit dat sy ‘n weduwee is en ons sit ons kuiers by haar kantoor voort. Daar begin ons met drukkies en om mekaar te soengroet. Die kuiers raak al hoe langer en ons produktiwiteit by ons onderskeie werke raak al hoe swakker. Ek vra eendag of ek vir haar kan kom kuier en ons spreek ‘n dag in die vakansie af wat haar kinders nie daar is nie.

Die dag breek aan en ons drink koffie, gesels lekker en op die oppervlak. Sy het ‘n pienk truitjie aan met ‘n stukkie kant wat bo uitsteek net om ‘n mens te laat wonder of daaronder dalk iets is wat deurskyn. Op ‘n stadium trek ek my stoute skoene aan en vra haar wat sy sal doen as ek kamer toe gaan en al my klere uittrek (ek het al gewonder hoe lank ‘n weduwee sonder seks sal kan klaarkom as sy haarself nie help nie, en selfs dan hoe lank sonder ‘n man?). Sy sê dat sy nie weet nie.

So gesê so gedaan. Ek stap na haar slaapkamer en begin van my klere ontslae raak. My penis staan orent soos ‘n vlagpaal wat oorhel eenkant toe. Ek roep haar, vol afwagting of en hoe sy gaan reageer. Sy kom nader en loer eers skugter om die deur en kom dan in. Sy leun teen my en ons soen lank en passievol terwyl ek eers die pienk truitjie en dan die deurskynende kantfrokkie uittrek. Ek het vir jou gewag, sê sy. Met ons kaal lywe teen mekaar voel ek haar borste se tepels wat in my indruk van begeerte, en haar wat teen my skuur! Haar asem raak al meer gejaag en my behoefte aan haar raak al hoe groter. Sy roep uit dat dit so lekker is en dit moedig my net aan om alles in te sit. Ek suig en byt haar tepels en speel met haar vol borste. Ek soen haar in haar nek en sy byt my tepels liggies. Ek sak af en eet haar sappige koek en speel met my tong oor haar klit. Haar rukke raak meer intens en haar kreungeluide meer. Sy besluit dis ver genoeg en draai my op my rug en daar is geen probleem om haar ingang te vind nie. Sy ry my fanaties. Haar ekstase vergelyk met myne en ons kom saam met ‘n luide klimaks.

Toe ek die volgende dag by haar kantoor kom, het sy ‘n smaraggroen toppie aan, met ‘n stukkie kant wat bo uitloer en twee tepelpunte wat maak dat ek eers later haar breë glimlag en mooi blou oë raaksien. Gelukkig kuier haar kinders by hul ouma vir die vakansie.


Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Boertjie
2012-07-19 @18:00
Net maar mens en lus né!!
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address