SêNet-briewe | Letters

 
Die handboekfiasko

Te oordeel aan die hofsake, politieke lawaai, kommissies van ondersoek en uitgebreide mediadekking, is die handboekfiasko in Limpopo 'n groot krisis. Ek verstaan egter nie mooi hoekom dit so 'n geweldige krisis is nie, en veral nie waarom dit klaarblyklik dreig om onderwys in Limpopo tot stilstand te bring nie. 

Ek moes waarskynlik beter in die skool opgelet het, maar volgens die bietjie wat ek van my skooldae kan onthou, was ons handboeke meestal gehawend. Hulle was gehawend vir 'n goeie rede: Ons het elke jaar ons handboeke by die vorige jaar se leerlinge geërf. Elke jaar het jy jou naam voor in jou handboeke geskryf, en dan volgende jaar het iemand anders so gemaak. 

Hoekom sou die nie-aflewering van nuwe handboeke in Limpopo dan so 'n groot krisis wees? Verander die kurrikulum dan elke jaar so ingrypend dat laasjaar se boeke nie meer hierdie jaar bruikbaar is nie? Groei die aantal leerlinge so vinnig? As daar dan so 'n krisis is, waar is laasjaar se boeke by elke skool? Gesteel? Verbrand? Verloor? Verkoop vir drankgeld?

Indien die kurrikulum min of meer dieselfde gebly het, en die aantal ekstra leerlinge met 10% gegroei het, hoekom word laasjaar se handboeke nie bloot gedeel tussen sommige van die leerlinge nie?

JvNk


Comments 4 Reaksies | 4 Comments
Delete Comment
avatar
Duitswester
2012-07-17 @23:16
Want daai leerlinge loop kaalvoet 'n voetpad op graniet uit, watter kans het 'n ou boekie nou?
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2012-07-18 @01:25
JvNk, dit is nou 'n goeie klomp vrae.  Ek brand om te sien hoe van die blinkogiges (oor die Nuwe! Verbeterde! SA [erkenning aan Anton Barnard]) jou gaan antwoord.  Ek dink egter ek gaan teleurgesteld wees want niemand gaan jou enige verduidelikings gee nie.
Delete Comment
avatar
Martiens Fourie
2012-07-20 @15:54

Ek voel genoodsaak om op JvNk se brief rakende die 'handboekfiasko' te reageer.

Dit is duidelik dat jy moontlik in die ou Transvaal skoolgegaan het. Blanke kinders in baie van die ou Suid-Afrika se ander provinsies, oa die OVS, moes elke jaar hulle eie handboeke self koop.  Baie was ook nie bereid om tweedehandse boeke te koop nie.

Dit is ongelukkig so dat daar baie ongelykhede in die onderwys tydens die apartheidsjare was, en dit help nie ons ontken dit nie.  Die sogenaamde 'swart' en ander skole het in daardie tyd nie handboeke vanaf die departement ontvang nie, en het dus nie handboeke gehad om jaar na jaar te gebruik nie. 

Die kurrikulum het hierdie jaar drasties (ten goede!) verander in Grade 1, 2, 3 en 10.  Daarom het die Nasionale Onderwysdepartement dit goedgedink om handboeke aan alle skole te verskaf, en hopelik sal die siklus van 'hergebruik' by alle skole posvat.  Die probleem is egter dat die meeste van hierdie "handboeke" eintlik "werkboeke" is, met ander woorde die leerlinge skryf en doen oefeninge in die boeke, en daarom kan die werkboek nie die volgende jaar weer gebruik word nie. (Baie skole wat skrifte kan bekostig, laat hulle leerlinge daarin werk, maar ongelukkig kan die meerderheid skole (en ouers) dit nie bekostig nie.) 

Ek stem nie noodwendig saam met die manier waarop die handboeke saamgestel is en of dit van 'n hoë gehalte is nie, maar die feit bly dat ALLE skole nou boeke het wat die minimum standaarde daarstel.  Ongelukkig is dit steeds die gegoede skole wat voordeel trek omdat hulle aanvullende leerstof tot die leerlinge se beskikking kan stel.  (Daarom plaas ouers hulle kinders in die sogenaamde gewese "Model C"-skole, want elke ouer wil tog die beste onderrig vir sy kind hê.)

Die handboekfiasko in Limpopo IS dus 'n geweldige krisis, veral in die plattelandse gebiede.  Die probleem is egter groter as wat baie van ons dink, veral ook wat die opleiding van onderwysers betref - maar dit is weer 'n ander aspek van die onderwysprobleem.

Negatiewe en neerhalende (rassistiese?) kommentaar van "Duitswester" en "Jan Rap" dui net op onkundigheid en dra nie by tot die verbetering van die onderwyssituasie in ons land nie.  Doen 'n bietjie moeite en gaan kyk self wat die situasie in veral plattelandse en 'Township'-skole is.  In die meerderheid van hierdie skole word daar tog baie moeite gedoen met die onderrig van die leerlinge, hoe karig hulle hulpmiddels ook al is. 

Ongelukkig is GELD en die onbeholpenheid (magsug?) van sekere Distriks-amptenare die werklike probleem!

Delete Comment
avatar
oester
2012-07-20 @19:00
die gewetenspolisie gaan jou brand hieroor, hehehehehe. of nog beter: stilbly en hoop niemand het jou vrae gesien nie en dan apartheid blameer.
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address