Die Folken Afrikaanse taal

  • 0

Die Folken Afrikaanse taal

Getaak deur die Oos-Indiese Kompanjie
Arriveer Jan van Riebeeck in al sy glorie
Een kyk na San se noi
En hy bulder “bring my koi”

Agt jollie kêrels van die GRA
In Paarl byeen om die vraag te vra
Volkse taal uit Hollands gesny
Selfs Piet Hein en Kuifie dra mildelik by

Taalvaders aan’t swoeg van aand tot more
Maneschijn en rozen hul glad nie beskore
Selfs Neelsie het soms op sy Herrie gekry
Terwyl Breyten fluks aan sy groen trui brei

Koos speel die kerkorrel in sy Kombuis
Alternatiewes en Sestigers bal die vuis
“Heilige beeste” roep Oppie bekommerd
“Die Folken taal maak sommige bedonnerd”

’n Nuwe bedreiging steek sy kop uit
Vanuit Nkandla swembad word uitgekryt
“Los my uit, ek geniet my Sjinese tee
Ik bin een Afrikaander tel nie mee”

Geen rede tot kommer, O Taalgenoot
Afrikaans is hier, die kannie-dood
Met Julius en Dali aan ons sy
Sal die Folken Afrikaanse taal bly

 

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top