Die ABSA KKNK en RSG Boekeprojek

  • 0

Die jaarlikse boekeprojek van RSG en die Absa KKNK is op dreef en poog daarin om boeke vir boekarm gemeenskappe in te samel. Daar is tot  30 April tyd  om  boeke te skenk vir dié projek.

Deur die jare het die projek, nou in sy 16de jaar, al byna 1,3 miljoen boeke vir verskeie gemeenskappe ingesamel, en in 2013 alleen het die publiek se ruimhartige skenkings ongeveer 81 000 boeke bymekaargemaak.

Die opvoeding van ons land se mense lê ook vir Shoprite/Checkers na aan die hart en hulle ondersteun verskeie veldtogte wat bydra tot die verbetering en uitbreiding van opvoedingsdienste. Ter ondersteuning van die 2014-boekeprojek maak Checkers, Checkers Hyper en Shoprite landwyd hulle goue waentjies beskikbaar as insamelingspunte vir boeke.

Die spesiaal gemerkte goue waentjies kan by die supermarkingange gevind word. Word deel van hierdie insamelingsveldtog deur enige tipe boek – fiksie, nie-fiksie, handboeke, kinderboeke, ensiklopedieë en naslaanboeke, oud en nuut – te skenk.

Die Vryburgers Diensorganisasie sorteer al die ingesamelde boeke en dit word dan aan behoeftige skole, biblioteke en gemeenskapsorganisasies oorhandig.

Elke boek is ’n aanmoediging vir jonk en oud om weer die vreugde van lees te herontdek, en dra ook by tot die skep van ’n weg tot kennis en sukses wat maklik en bereikbaar is vir alle Suid-Afrikaners. Daarom word ’n beroep op die publiek gedoen om soveel as moontlik boeke te skenk sodat die lewens van jonk en oud verryk kan word met die kennis en vreugde wat verborge lê in boeke.

Vir meer inligting kontak Ilse Besterfield by ibesterfield@shoprite.co.za.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top